Rede om Rietvlei te red PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 29 January 2013 15:42
Untitled Document

Die Rietvlei Natuurreservaat bied wonderlike fotogeleentheid vir diegene wat graag met die kamera jag. In November verlede jaar het ons berig dat die Tshwane metroraad se grondonteieningsbeleid geen waarborg bied dat dié wildpark van 3 800 ha sy bewaringsgebied-status sal behou nie. Daar was vroeër sprake dat ‘n sokkerstadion in die park gebou sou word. Dié treffende foto’s wat Gerhard Scheepers onlangs by Rietvlei geneem het, kan rede genoeg gee hoekom daar hoegenaamd nie met dié natuurskat getorring moet word nie.


‘n Witkeelswael kom sit iewers langs die oewer van die Rietvleidam

Koning leeu en sy twee wyfies het die rug gedraai op ‘n lastige windjie


‘n Blouvalk bespied die wêreld van sy boomtak af
.


‘n Vleitinktinkie wys dat daar sommer baie sin vir balans in sy klein lyfie steek

Meerkat se kind loer nuuskierig agter ‘n doringbos uit

.

Dié pasgebore swartwildebeeskalfie gallop
vernuftig aan sy ma se sy


Baie water en baie weiding vir dié Rietvleise waterbokke

Gereed vir sy krapmaaltyd op ‘n oewerklip
is dié reusevisvanger

Tyd vir ‘n middagslapie
.

Twee suidelike swartpieke
.
.
.

Sebras in die mooi bankeveld van Rietvlei. Dié foto van Gerhard Scheepers is sterk oorweeg vir hierdie uitgawe se voorblad

Een van die natuurpark se gewigtigste inwoners – ‘n witrenoster
,

Die perfekte omgewing vir ‘n rietbok
.

‘n Sekretarisvoël lê rieme neer om genoeg spoed vir die opstygslag te kry
 

© 2019 Die/The Bronberger