Frats-ongeluk eis lewe op Kersdag Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 January 2011 06:27
Untitled Document

’n Kampvegter teen die besoedeling van die Bronkhorstspruitdam is op Kersdag in ’n frats-ongeluk by die dam dood.

Eric Howard, ’n inwoner van die Aqua Vista Landgoed by die dam, was met sy tenkwa op pad om iemand se septiese tenk leeg te pomp, toe hy blykbaar beheer oor die vragmotor verloor het.

Die tenkwa het afgepeil op die administratiewe geboue van die Kungwini landgoedontwikkeling langs die dam. Die gebou was vol mense omdat dit die openingsdag van die nuwe Solarium restaurant en spa by die ontwikkeling was.


Dié foto is ’n paar sekondes ná die frats ongeluk gebeur het, geneem
Foto’s: Tania Potgieter

Die vragmotor het ’n Mercedes Benz en Jeep Cherokee uit die pad geloop voor dit teen die vlagpale voor die gebou tot stilstand gekom het.

Die geweld van die botsing het die Jeep die lug ingeslinger. Toe Eric se voertuig tot stilstand kom, het die Jeep bo-op die vragmotor se kajuit beland. Die Jeep behoort aan Eric se vriend en buurman, Rob McGimpsey.


Die Mercedes Benz nadat die tenkwa hom getref het

As Rob se Jeep nie juis daar geparkeer was nie, sou die mense in die gebou se lewens bes moontlik in gevaar gewees het omdat Eric se vragmotor binne in die gebou sou beland het.

Eric was ’n kampvegter teen besoedeling en hy het nie geskroom om individue en mynmaatskappye aan te spreek oor besoedeling in die Bronkhorstpruitdam nie.

’n Roudiens is op 4 Januarie by Kaia Manzi Lodge by die dam gehou. Eric laat sy vrou Charmain, vyf dogters en ’n kleinseun agter.

 

© 2020 Die/The Bronberger