Het jy gehoor? / Have you heard? - Jan 2011 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 24 January 2011 04:36
Untitled Document

Pathways Residence, a Tierpoort-based project that enables disabled young adults to live semi-independently, has a Valentines Dance fundraiser on 14 February at Diep In Die Berg. Tickets are R400 per couple. Pathways needs R100 000 for the roof of the house where the first group of eight disabled adults will live. For more information contact Carol Carlsson at 012-993-2787 or 082-785-1542 or visit www.pathwaysresidence. co.za.

xxx

In die Desember-uitgawe het ons ’n foto geplaas van grondhope langs Lynnwoodweg, presies op dieselfde plek waar dergelike hope grond enkele jare gelede ’n noodlottige ongeluk veroorsaak het. Die grondhope is op die dag wat Die Bronberger begin versprei het, verwyder.

xxx

Die Rosemary Hill-mark in die Boschkop-omgewing verander van kleur, maar nie van geur nie. Families kan voortaan op ’n Vrydagaand gaan kuier om ’n groot vuur met verskeie kosstalletjies, musiekoptredes, sonsondergang trekkerritte en ponieritte. Dié gebeurtenisse word op die tweede en laaste naweek van die maand gehou. Vir meer inligting kontak Thomas Franken by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Dr Budda en Mama Kane maak vreemdsoortige beloftes in Cullinan.

xxx

’n Werker van die Bafana Kontantwinkel is in Desember met ’n mes gesteek toe sy geweier het om ’n groep mans toegang tot die winkel se gronde te gee, waar hulle glo “na iets wou gaan kyk”. Die werker is in ’n bevredigende toestand.

xxx

’n Sekere eiendomsman het in dié maand behoorlik uitgehang om sy 60e verjaardag te vier. ’n Spoggerige partyjie is by die Bronberg Wynlandgoed gehou waar sy gunsteling orkes uit sy jeugjare, die Bats, teen ’n aardige bedraggie vir die musiek gesorg het.

xxx

Die Februarie uitgawe van Die Bronberger word met groot geesdrif ingewag. Dan is dit weer tyd vir ons uiters gewilde ‘Dinge om te doen in die Bronberg’. Dit sal die vierde Dinge-om-te-doen-uitgawe wees en tot dusver het elke jaar s’n die vorige jaar se uitgawe oortref. Die gewildheid van dié gids kan duidelik gesien word as na die aantal ‘hits’ op ons webwerf gekyk word. Die Bronnies waarin ‘Dinge om te doen’ verskyn, word deur lesers bewaar en dwarsdeur die jaar geraadpleeg. Jy sal ver moet soek om beter blootstelling aan adverteerders te kry.

xxx

Klip Klap se Antiek en Kunsmark word vanaf Januarie weer elke derde Sondag van die maand op ’n plot in Olympus gehou. Hier is ’n verskeidenheid eetgoed, van boereworsrolletjies tot Indiese en Indonesiese kos en potjiekos, sowel as antieke en kunsware. Bel vir Chris by 082-755-0586.

 

© 2019 Die/The Bronberger