News -
Briewe
|
Monday, 28 February 2011 07:32 |
Untitled Document
Giuliette Breytenbach van Van Zyl
Refuse skryf:
Soos julle weet, doen ons al vir ’n paar
jaar die vullisverwydering in die Bronberg
area. Maar daar is nou ’n paar
ander maatskappye wat in ons gebied
inbeweeg en sommer van ons kliënte
steel deur bloot te lieg en te sê ons
diens nie meer die area nie.
Ons, en Sunshine Enviro Waste, is die
enigste vullisverwyderaars wat by
Kungwini geregistreer is, wat beteken
ons het die reg om in die gebied te laai
en wat ons ook verplig om by ’n stortingsterrein
te gaan aflaai en om by
ander regulasies te hou.
Niks keer ’n ongeregistreerde vullisverwyderaar
om die gemors wat hy by jou
oplaai langs die pad of op jou buurman
se plot af te laai nie.
Die raak ’n groot probleem vir ons.
Dan wil ek ook net raak aan asblikke
wat gesteel word by mense se hekke,
so ek wil basies net sê dat mense hulle
asblikke dadelik moet terugneem ná
ons gelaai het. |
|