Dankie vir hulp met brand Print E-mail
News - Briewe
Monday, 28 February 2011 07:35
Untitled Document

Johan en Susan Geyer van Zwavelpoort skryf:
Op 28 Januarie het ons huis gedeeltelik afgebrand en die gemeenskap, Conserv en die brandweer van Silverton was so wonderlik om almal bymekaar te staan om ons te kom help om ons huis gered te kry.

Na bewering was dit binne ’n kwessie van vyf tot 10 minute wat sowat 80 mense op ons eiendom opgedaag het om ons te help om die vuur dood te maak en om van ons huisitems te red wat te redde was.

Ek het in my lewe nog nooit dit so beleef dat daar nog mense is wat vir hulle medemense omgee nie. Die hulp, gebede en bystand was iets onbeskryflik. Ons is plat geslaan, veral omdat ons ook nie verseker is nie.

Ek en Johan wil net groot dank gee aan almal wat op die toneel was om ons kinders en mense gekalmeer te kry en om die huis te red. Ons kan nie name noem nie, want ons weet nie wie almal was nie, maar wil net uit ons harte uit dankie sê en mag die Here julle so ryklik seën vir julle werke.

Dankie aan al die omgee oproepe en die geestelike ondersteuning en ds Danie Dreyer en sy vrou Marie Dreyer vir hulle besoek. Dankie ook aan Tygerpoort Laerskool en die hoof mnr Nico Coetzee vir die bydrae tot my kinders se skooljaar weens ons huidige omstandighede. Nou is dit kop hoog hou en vertrou en bid dat dinge net vir die beste sal uitwerk. Dankie nogmaals.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger