Is dit jou hond? Print E-mail
News - Briewe
Monday, 28 February 2011 07:40
Untitled Document

Ezette Roberts van Mooikloof skryf:
Hiermee net ’n kort nota om te sê dat ek op 24 Januarie ’n Duitse pointer-reunhond by die Woodlands- winkelsentrum opgelaai het.

Die hond het bruin spikkels en lyk op die oog af goed versorg. Volgens die sekuriteitswag was die hond al van sesuur die oggend af daar nadat hy met De Villebois af gestap gekom het saam met werkers.

My veearts het die hond die dag versorg totdat die DBV van Centurion hom toe later die middag kom haal het.

Wet Nose was glo oorvol en nie bereid om die hond in te neem nie.

Eintlik wil ek hê julle by Die Bronberger moet weet van die hond indien iemand by julle navraag doen oor ’n verlore hond.

Dan moet ek net laastens vermeld dat ek dink Die Bronberger is tops. Groete van ’n groot aanhanger.

 

© 2020 Die/The Bronberger