Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr 2008 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 23 April 2008 02:00
Untitled Document

Dit het al ’n hele rukkie gelede gebeur, maar ons hoor nou eers daarvan. Die DBV het te wete op ’n goeie dag sy inspekteurs uitgestuur om te gaan ondersoek instel by ’n bekende Bronbergse kuierplek. Hulle het ’n klagte gekry, sê die inspekteurs toe hulle by die eetplek aankom, dat hier skilpaaie bedien word. En dit, sê die inspekteurs, is heeltemal teen die wet. Dit het die verstomde eienaars van die kuierplek ’n wyle geneem om agter te kom dat een of ander goedbedoelende ignoramus geglo het die“skilpadjies” op die spyskaart is van dié soort wat met sy huisie op die rug in die veld rondloop.

xxx

‘n Paar lede van die Mooiplaats Veiligheidsinisiatief het in die vroeë ure van 3 April, kabeldiewe langs die Mooiplaatspad verjaag. Dis nou te danke aan gevorderde tegnologie wat onlangs deur Telkom vir daardie buurt aangebring is. Telkom installeer sulke tegnologie slegs in gemeenskappe wat reeds georganiseerd is en aktief besig is om misdaad hok te slaan. So vinnig was die lede se optrede dat die skelms nie eers kans gehad het om die kabels te beskadig nie. Meld kabeldiefstal aan by 080- 012-4000. Die gewone 10111 kan ook gebruik word.

xxx

Visiting Bronberg watering holes during the compilation of this month’s‘kuier’ theme, we also collected scraps of info on old pub customs. In English pubs, ale is ordered by pints and quarts. In old England, when customers got unruly, the bartender would yell: “Mind your pints and quarts, and settle down.” It’s where we get the phrase “mind your Ps and Qs”.

xxx

In old England, pub frequenters had a whistle baked into the rim, or handle, of their ceramic cups. When they needed a refill, they blew the whistle. “Wet your whistle” is the phrase inspired by this practice.

xxx

Oom Koos sê dit gaan regtig nou beroerd met die land se ekonomie. Selfs die groot helpende hand van sy bank is deesdae maar bra bewerig. Hy bank nou al by hulle van toeka af, en nou, vir die eerste keer, is selfs die bank in die moeilikheid. Hy weet dit, want anderdag toe hy wou geld trek by die bank se masjien toe sê die strokie: “Onvoldoende fondse.”

xxx

Community patrols report that a black Renault Megane without number plates is operative in Zwavelpoort – allegedly involved in burglaries.

xxx

Mense wat verlang na die lekker kuierdae toe daar nog ’n Nikos by die Zwavelpoort sentrum was, toe daar nog ’n Zwavelpoort sentrum was, bygesê, sal bly wees om te hoor dat Niko en sy Lynette weer volstoom aan die gang is by Kitty Hawk se kuierplek. Moet dit net nie by die ou Kitty Hawk se watergat gaan soek nie. Dis binne in die vliegveld-perseel. En ja, almal is welkom.

 

© 2019 Die/The Bronberger