Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb 2011 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 28 February 2011 05:43
Untitled Document

Elmarie van den Heever van die Bafana Kontantwinkel is dringend op soek na goeie huise vir twee troetelhonde wat wees gelaat is met die afsterwe van Elmarie se ma in die tweede week van Februarie. Die een wesie is ’n worshondjie van iets oor die vyf jaar en die ander een is ’n opregte boerboel van drie jaar oud. Elmarie sê, hoe graag sy ookal wil, is dit onmoontlik vir haar om die honde te hou. Sy het al oral gesoek vir nuwe huise vir haar oorlede ma se honde, maar sonder sukses. Die honde is gewoond aan ander troeteldiere en baie liefdevol. Elmarie kan gebel word by 082-495-2295.

xxx

The Green Market that was to be held at the Pretoria National Botanical Gardens on Saturday 5 February was cancelled and will now be held on Saturday 5 March. The Green Market is all about raising awareness and educating visitors on the benefits and importance of living a greener, more eco-conscious lifestyle.

xxx

’n Gholfdag word op 25 Maart by Cullinan Gholfklub aangebied om geld in te samel vir die Kungwini Welsyn Organisasie se Paul Jungnickel Tehuis. ’n Funksie sal daarna by Cullinan Premier Hotel gehou word. Borge word gevra om die dag ’n sukses te maak. Kungwini Welsyn Organisasie is geregistreer om Artikel 18A sertifikate te kan uitreik wat u in staat stel om enige donasie, ‘cash or in kind’, te kan aftrek van belasting. Daleen Botes kan gebel word by 012-940-0221.

xx

Van 26 Februarie af is Cullinan weer ’n ‘one bank town’. Dit volg ná FNB in sy wysheid besluit het dat sy tak op Cullinan nie genoeg geld maak nie en toegemaak moet word. Uit die binnekringe verneem ons dat oorgenoeg mense die bank besoek het om die personeel meer as besig te hou, maar dat te min mense met ‘groot geld’ hulle rekening daar gehou het. Sekere sakelui van Cullinan is erg omgekrap oor dié bank, met die leuse “hoe kan ons jou help”, se besluit. Die bank is betreklik nuut op die dorp en meer tyd moes gegee geword het vir sake om op te tel, meen hulle. ’n Bietjie bemarking en gemeenskapsbetrokkenheid sou nie skade gedoen het om mense na Cullinan se tak te lok nie, sê een sakeman. Van die personeel het poste in Bronkhorstspruit se FNB gekry, terwyl ander nog onseker is van hulle toekoms.

xxx

Die mense van Farm Inn staan gereed om karkasse van jou plot of plaas af te verwyder teen geen koste nie. Die karkasse word gebruik om roofdiere by die Farm Inn te voer en dit moet asseblief vars wees en nie perde wees wat dood is aan perdesiekte nie. Bel 012-809-0266 of 082-550-4955.

xxx

Die drukgroep Metsweding Demarcation Forum (MDF), wat gekant is teen Kungwini en Nokeng se inlywing by Tshwane, is bekommerd dat Tshwane nie toegerus is om dienste in die groot landelike gebied te lewer nie. Sou hulle kommer waarheid word, is daar darem een silwer randjie om dié donker wolk. Dit sal niks nuut vir die inwoners van die gebied wees om nie dienste te kry nie.

xxx

’n Vergadering wat vroeg in Februarie by die Laerskool Tygerpoort gehou sou word om ernstige dienste- en rekeningprobleme vir die Bronberg se wyk 1 en wyk 2 aan te spreek, moes afgelas word toe nie een van die lede van Kungwini se burgemeesterskomitee wat bevestig was om die vergadering toe te spreek, opgedaag het nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger