Die berg behoort aan ons, sê inwoners |
|
|
News -
Aktueel
|
Monday, 28 February 2011 07:47 |
Untitled Document
’n Groot Bronberg ‘berg blitz’ is
op Saterdag 19 Februarie deur
inwoners van die omgewing
gehou. Met die vee-operasie wou
Bronbergers dit vir boewe duidelik
maak dat die berg aan die inwoners
behoort en nie aan die boewe nie.
Die doel was om ontsnaproetes wat
deur inbrekers en diewe gebruik
word te identifiseer. Die snuffelaars
is in vier groepe ingedeel en het
grootliks uit lede van Conserv
bestaan.

Die kruin van die
Bronberg waar met
die snuffeltog begin
is
Deelnemers is vanaf die nuwe teetuin
in Achillesweg met bakkies tot
bo op die berg gevat.
Die snuffeltog het vanaf 6 vm tot
9 vm geduur. Ná die operasie het
die dapper bergstappers saam gekuier
en verversings geniet.
Teen druktyd van Die Bronberger was dit nog nie bekend hoe suksesvol
die soektog was nie.
Die feit dat misdaad in die gebied
oor die afgelope jaar aansienlik
afgeneem het, word grootliks
toegeskryf aan die
bedrywighede van
Conserv en ander
inwoners-organisasie. |
|