Net ’n aantal maande ná
Achillesweg in Zwavelpoort
teen groot koste deur
Kungwini geteer is, het ’n paar goeie
reënbuie dit omskep in ’n nagmerrie
gatpad.

Só het Zwavelpoort se nuwe teerpad ná die reën gelyk
Foto’s: Tania Potgieter
Kungwini se kontrakteurs het verlede
jaar voortgegaan met die teer
van die pad, ondanks herhaalde
waarskuwings deur ’n padkenner
van die omgewing, Chris Kunneke,
dat afskeepwerk met die kompaktering
gedoen is en dat die pad
binne ’n paar maande ’n gatpad sal
wees. Volgens Chris was nie naastenby
genoeg gruisklip gebruik nie.

Die onvoltooide, oop stormwatersloot voldoen aan geen veiligheidsregulasies
nie
’n Uitvoerende amptenaar by
Kungwini het Die Bronberger destyds
die versekering gegee dat die
kontrakteur sy aanvanklike brouwerk
reggemaak het, en dat die
kompaktering met genoeg gruis
‘oorgedoen’ is.

Onderhoudwerkers is bykans permanent besig om die gatpad te lap
Die pad was skaars geteer toe die
eerste slaggate begin verskyn en ’n
span onderhoudwerkers het ywerig
met lapwerk begin. Met die onlangse
swaar reën was bykans die hele
pad een groot slaggat en die onderhoudwerkers
het in erns met hulle
lapwerk begin.

Hier kan gesien word hoe die pad
verbrokkel
Volgens Chris kan ’n mens bespiegel
dat Achillesweg nie vir die gerief
van die inwoners geteer is nie, maar
as ’n permanente werkskeppingsprojek.
Alle denkbare regulasies en riglyne
is oortree met die bou van die pad
en die oop stormwatersloot langs
die pad, wat nog nie voltooi is nie,
voldoen nie aan ’n enkele veiligheidsregulasies
nie, sê Chris. |