Slangevang Print E-mail
News - Briewe
Monday, 21 March 2011 18:47
Untitled Document

Paul en Esme Fick van Bashewa skryf:
Ons skryf na aanleiding van die rubriek oor die Wapadranders wat die luislang in Wapadrand gevang het.

Ons vang ook gereeld slange (swart rinkhalse) hier by ons huis op Bashewa. Ons het ’n tyd gelede in ’n natuurtydskrif gelees van Suid- Afrika se padda-bevolking wat vinnig besig is om af te neem omdat hulle habitat vernietig word en het besluit om verskeie paddadammetjies in die tuine rondom ons huis te bou om die paddas aan te lok en ’n ideale habitat vir hulle te probeer skep.

Die paddas het begin intrek en so het die toeloop van die slange ook begin.

Ons honde maak ons gou attent op die onwelkome besoekers wat agter die paddas aan is; dan vang ons hulle net en gaan los hulle weer in die veld.

’n Groot pluspunt is natuurlik dat ons deesdae ook nie meer muise of rotte opmerk nie. Vir die plesier om in die aande op die stoep te sit en luister na die paddas en nie meer ’n las met muise en rotte te hê nie, is ons bereid om letterlik en figuurlik slange te vang.

Dit is goed om te weet dat nie almal die arme slange met ’n hoop klippe doodgooi nie en dat hulle eerder iemand kry om hulle te vang en op veilige plekke te gaan loslaat. As jy natuurlik nie weet hoe om ’n slang veilig te vang nie, moet dit liewers nie self probeer nie. Kry hulp.

 

© 2020 Die/The Bronberger