Wie is verantwoordelik vir gemors en stank? Print E-mail
News - Briewe
Monday, 21 March 2011 18:48
Untitled Document

Gert van der Walt skryf:
Die problem van onbehandelde riool wat in die natuurlike water van Mooikloof beland, is aangemeld by die gesondheidsafdeling van die stadsraad, verwysingsnommer 325825, maar geen terugvoering is van hulle ontvang nie.

Een week later word weer navraag gedoen en ’n nuwe verwysing word verskaf onder die nommer 328203.

In die verlede het ons met die bestuur van Mooikloofrif gepraat oor dieselfde problem en ons is toe na die ontwikkelaars by name M&T verwys. Hier het ons ook voor dooiemansdeur opgedaag.

Dit wil my voorkom dat niemand verantwoordelikheid vir die gemors en stank wil aanvaar nie; hierdie is ’n kriminele oortreding en moet dringend aandag kry voor een of ander pes in die omgewing uitbreek.

 

© 2020 Die/The Bronberger