Die Bronbergrif wes van die Zwavelpoortspruit
is behoorlik gefynkam in
’n vee-operasie op 19 Februarie. ’n
Paar geknipte heiningdrade is ontdek, daar is
voetpaaie wat gereeld gebruik word en
dopgehou sal moet word, maar die span kon
nie slaapplekke of gesteelde goedere in die
berg vind nie.

Verversings word geniet ná ’n taak welgedaan
Ongeveer 100 Conserv-lede van Mooiplaats,
Zwavelpoort en Tiegerpoort (MZT) het om
5.30 vm reeds byeengekom om die berg tot bo-op
die rif uit te klim waar hulle die ander vrywilligers
ontmoet het.

’n Helikopter het die berg-vee operasie bygestaan
Groepe is opgedeel om die berg te fynkam vir
enige tekens van menslike aktiwiteite. Een groep
het wes beweeg na die steengroef wat aan Lynnwoodweg-verlenging
grens; die ander
groep oos tot by die
Zwavelpoortspruit; en
die laaste een het suid
tot by die druiweplaas
beweeg. ’n Helikopter
het die berg-vee operasie
bygestaan.

Oud en jonk het aan die vee-operasie deelgeneem
Foto’s: Petro Anderson
Die gemeenskap het by
die eindpunt bymekaar
gekom vir boereworsrolletjies,
koeldrank ek
’n kuier saam met die
bure.
Vir meer inligting oor
die MZT Conserv-gemeenskap,
bel vir Petro
Anderson by
083-604-0074. |