Die verhaal van die Bronberg
se baanbreker Barnards het
verder verdiep toe ’n direkte
afstammeling van die gesin, wat
Boschkop se wêreld makgemaak
het, na vore gekom het.

Coba se ouma, Jacoba JA Potgieter,’n nooi Terblanche (1898-
1971) was eers met Coba se
oupa, Gert Stefanus Viljoen
getroud
Uiteindelik kan ons gesigte sit by die
Barnard-name wat destyds op die
grafstene in die plaasbegraafplasie
by Waterlake Farm uitgegriffel is.
In Die Bronberger van Desember
2010 het ons vertel dat dié grafstene
’n verhaal van lief en leed vertel;
van die Barnard-seuns wat in
die Tweede Vryheidsoorlog gesneuwel
het; dié wat in die 1914
rebellie dood is; en van die Groot
Griep wat die familie so genadeloos
getref het.

Coba se oupa, Gert Stefanus
Viljoen (1891-1954)
Dié grafsteen-verhaal van toeka se
Barnards van Boschkop het reaksie
van ’n agter-agterkleinkind uitgelok
wat haar foto-album met ons deel.
Coba Maree het laat weet dat sy
afstam van die Terblanche egpaar
wie se name as kinders op die
Barnard-vader se graf gelys word.
Magdalena Christina Terblanche, ’n
nooi Barnard, en Daniël Johannes
Terblanche was Coba se oumagrootjie
en oupagrootjie. Magdalena
was ’n dogter van Petrus Johannes
Barnard en Jacoba Johanna Aletta,
’n nooi van Dÿk, wat die oorspronklike
Victoriaanse herehuis laat in die
1800’s op die plaas Boschkop
gebou het.

Jacobus Johannes Viljoen, Coba
se pa
Die Terblanche se dogter, Jacoba Johanna
Aletta, bekend as Kotie, was
Coba se ouma. Kotie Terblanche is
op sewentienjarige ouderdom met
Gert Viljoen getroud. Sy het altyd vir
haar kleinkinders vertel dat sy nie
juis kêrels gehad het nie, en dat
haar vriendinne haar eintlik ’n
bietjie jammer gekry het omdat sy
nie uitgaan nie. Sy het egter toe
reeds vir Gert ontmoet, en was verloof
aan hom. Sy is toe nog voor die
vriendinne getroud.

Coba se ouma en oupa, Kotie en Gert Viljoen, bak brood in ’n miershoop
in die bosveld
Kotie en Gert se oudste kind was
Coba se pa, Jacobus Johannes Viljoen. Hy is op 27 Augustus 1916
gebore en was blykbaar so ’n klein
babatjie dat sy ma hom in ’n groot
skoendoos laat slaap het. Sy het vir
haar kleindogters ’n kappietjie gewys wat hy gedra het toe hy baie
klein was. ’n Paar jaar later is nog
twee kinders, Mollie en Daan
gebore.

Jacoba se oupa, Gert Stefanus Viljoen by sy pa, Jacobus Johannes, se
begrafnis. Gert staan derde van regs. Aan weerskante van hom staan
sy pa se oorlewende broers. Die enigste vrou op die foto is Gert se ma,
Sannie Viljoen. Die ander mans was waarskynlik Gert se vyf susters se
mans.
Tijgerpoort
Dié Viljoentjies het skool gegaan op
die plaasskooltjie by Tijgerpoort. Toe
Coba se pa hoërskool toe is, moes
hy koshuis toe gaan by die Hoërskool
Erasmus op Bronkhorstspruit,
waar hy op die ou einde hoofseun
geword het.

Die Victoriaanse
opstal waarin die
Barnards van die
plaas Boschkop
gewoon het
Daarna is hy na Pretoria se Normaalkollege
waar hy die drie jaaronderwysdiploma
studeer het, en
die vierde jaar sy B.Sc.-graad voltooi
het.

Coba se oupagrootjie, Daniël Johannes
Terblanche (1875-1922)
Jacobus Johannes Viljoen is op
11 Desember 1943 met Hendrina
Cecelia Breytenbach getroud. Op
12 Maart 1945 is hul eerste kind,
Hendrina Cecilia, gebore; op
31 Mei 1948 Gert Stephanus; op
12 September 1950 Stephanus
Petrus; en op 17 Augustus 1953
Jacoba Johanna Aletta wat ons laat
weet het dat sy die baanbreker
Barnards se agter-agterkleinkind is.

Coba se ma en pa, Jacobus
Johannes en Hendrina Cecelia
Viljoen
Kuier
Coba sê dat sy nie veel van die
Boschkop plaas onthou nie, maar
dat haar oumagrootjie Magdalena
se begrafnis blykbaar vanuit daardie
huis plaasgevind het. Sy sê dat haar
ouma Kotie op ’n plaas op Klipkop
gewoon het.

Coba se oumagrootjie, Magdalena
Christina Wolmarans, gebore
Barnard (1877-1969). Sy was
eers met Daniël Johannes
Terblanche getroud
Coba se ouer suster Rina onthou
dat hulle van kleins af baie gereeld
vir hul ouma en oupa Viljoen op
Klipkop gaan kuier het. Dan moes
die familie op die ander plase in die
omgewing ook gegroet word, soos
dié in die ou Victoriaanse opstal.

Die Viljoen-nakroos is van links na regs voor: Lee-Ann, Kobus, Dalian,
Candice, Annelie, Natasha, Marinus en Reinette. Middel: Tersia, Coba,
Karlien, Anthony, Ivan, Riana, Madelein en Rina. Agter: Fanie, Iggie,
Janet, Anne-Marie, Gert, Trix, Francois, Phillip en Johan
“Die ou plaashuis was vir my as
kind vreeslik groot en donker, met
blink houtvloere. Oumagrootjie het
op daardie stadium in ’n rystoel
gesit. Sy was toe al in die negentig,
en ons moes haar altyd op die wang
soen. Buite was groot ou Bloekombome
waaronder ek en die niggies,
Johanna en Magdaleen, lekker
gespeel het,” skryf Rina.

Coba Maree,’n agteragterkleinkind
van
Boschkop se
Barnards
“Iets wat ’n groot indruk op my
gemaak het, was toe pappa een
keer per ongeluk een van oumagrootjie
se lammertjies doodgery
het. Die skape bet die hele pad vol
geloop, en pappa bet vreeslik stadig
gery, maar een moes seker onder
die kar se wiele beland het. Hy het
haar vreeslik mooi om verskoning
gevra en sy het hom heelhartig
vergewe.”

Coba se oumagrootjie, Magdalena Christina Wolmarans het agt kinders
gehad. Coba se ouma Kotie was die oudste en na haar was dit
Catharina, Freek, Lena, Hettie, Pietie, Danie en Willie. Hier is die oumagrootjie
met heelwat van haar kinders, skoonkinders, kleinkinders en
agterkleinkinders. Links agter is Freek en Tienie, Frik en Lena, Danie en
Kotie, Awie en Hettie. Gert en Kotie Viljoen, Coba se oupa en ouma, sit
in die middel by haar oumagrootjie Magdalena.
Oorlede
Coba se pa Jacobus is in 1973 oorlede
en haar ma Hendrina in 1975.
Die Bronberger kon die grafte van
Coba se ouma en oupa, Kotie en
Gert Viljoen, sowel as haar oumagrootjie
en oupagrootjie, Magdalena
en Daniël Terblanche, by die Boschkopse plaasbegraafplasies
opspoor. Beide Kotie en Magdalena
is egter onder ander vanne begrawe.
Hulle is altwee weer getroud
nadat hulle mans oorlede is.

Die plaasskooltjie
op Tijgerpoort
waar die Viljoens
skoolgegaan het
Gert is ongeveer 17 jaar voor Kotie
oorlede. Daniël is amper 40 jaar
voor Magdalena oorlede. Tog is
Kotie as ’n Potgieter en Magdalena
as ’n Wolmarans by hul eerste mans
begrawe. |