Hoe lank moet sy rus Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 21 April 2011 17:27
Untitled Document

Willianna skryf aan Dr Liesel van der Merwe:
Ons een merrie het perdesiekte gehad maar het dit darem gemaak. Hoe lank moet ons haar laat rus voor ons haar weer kan ry?

Dr Liesel van der Merwe se kollega, perde-veearts Dr Terri Shields, antwoord dat so ’n perd ten minste een week se rus nodig het vir elke dag wat sy ’n styging in temperatuur gehad het. Sy moet daarna stadig weer begin werk - net loop die eerste week, draf die tweede week en dan kan sy die week daarna ’n volle werkprogram volg.

 

© 2020 Die/The Bronberger