News -
Briewe
|
Thursday, 21 April 2011 17:28 |
Untitled Document
Yvonne (Pienaar) Bornman skryf:
Baie geluk met die oulike tydskrif, Die Bronberger. Ek het
lanklaas so ’n interessante tydskrif gelees. My broer het
die September 2010 uitgawe in my hand gesit.
Ek wil graag van u tydskrif gebruik maak om ons te help
om van ons ou skoolvriende in kennis te stel van die
reünie wat ons beplan in Mei. Ons sal dit baie waardeer
as u dit vir ons kan doen.
Die matrieks van 1961 van die ou Hoërskool Tom Naude
en die Handelsafdeling Pietersburg (Polokwane) beplan ’n
reünie na 50 jaar vir die naweek van 13, 14 en 15 Mei
by Bolivia Lodge, Pietersburg.
Ons soek nog na verskeie van die oud-leerlinge. As enige
iemand weet wat van hulle geword het, sal ons dit hoog
op prys stel as u ons laat weet.
Kontak vir Dawie Botes by 079-589-2166 of vir Yvonne
Pienaar by 082-626-0320. |
|