Vier-rigting stop hier nodig Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 21 April 2011 17:29
Untitled Document

Michelle de Bruyn skryf:
Ek wil namens Laerskool Witpoort aansoek doen vir ’n vier-rigting stop by die R25/Garsfonteinweg kruising.

Tot dusver was Witpoort se briewe en petisies net geïgnoreer deur die owerhede. Dit is regtig ’n baie groot risiko vir die mense wat skool toe en terug ry om verskeie redes.

Dra Die Bronberger enige kennis van hierdie aansoeke wat die skool al ingedien het?

Sal Die Bronberger my dalk na ’n persoon of instansie kan verwys wat hiermee kan help? Ons is regtig raadop.

Navrae by die owerheid het tot dusver geen antwoorde opgelewer nie - Red.

 

© 2020 Die/The Bronberger