Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr 2011 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 21 April 2011 15:33
Untitled Document

Joop Jansen skryf dat hy en sy vrou altwee moes gewig verloor. Hulle het ’n dieet begin volg waar elke maaltyd volgens ’n spesifieke resep voorberei moes word. Hulle volg dié resepte en porsies noukeurig, voel fantasties en eet te lekker. Die beste dieet in die wêreld, dink hulle. Ná ’n ruk blyk die probleem te wees dat hulle gewig aansit en nie verloor nie. Toe loop lees hulle weer die instruksies noukeurig en sien in die fynskrif onder aan: "Vir ses mense."

xxx

The dogs that have been rescued from the informal settlement at Bapsfontein are doing well at Wet Nose Animal Rescue Centre. A lot of them had biliary and needed treatment; their fly bitten ears are on the mend; they have all been sterilised and are even walking on leads. Wet Nose took in over 120 dogs and about 40 of them have already been re-homed.

xxx

Cullinan-inwoners voorsien probleme met die samesmelting van Nokeng en Tshwane munisipaliteite. Hulle het op 5 April ’n dringende vergadering in die Cullinan Ontspanningsaal gehou om vrese aan te spreek. Inwoners wil die inlywing by Tshwane stop omdat hulle nie die drastiese verhoging in dienskostes en grondbelasting sal kan bekostig nie. Belasting op kleinhoewes kan tot 400% verhoog as ’n gevolg van die verskil in definisie van landbougrond tussen Nokeng en Tshwane. Vir meer inligting, bel vir Henri Combrink van die Cullinan Boere-Unie by 082-552-9428 of vir Steve Klopper by 012-734-1140.

xxx

Kungwini wards two and 101 were not invited to the 2011 budget and property rates policy public consultation meeting. Yet these wards will soon be included in the Tshwane metropolitan district. The notice for the meeting on 6 April was published in Pretoria News on 31 March. Residents who heard about it attended the closest meeting venue at the Erasmuskloof Fire Station to try to prevent a rates and taxes increase that will be a devastating blow to the community.

xxx

Ons hoor die ou heel agter op het eers bestuur, maar ná die bromponie vier keer by ’n stopstraat omgeval het, het die ander passasiers besef sy bene is te kort vir die joppie.

xxx

Sedert die super 15 rakbie nou weer begin het, vang hy hom kort-kort dat hy so ’n gemaklike toegeneentheid voel teenoor sekere Nieu-Seelandse spelers, sê Gert Mossie. Só al asof hy hulle goed ken. En, vreemd genoeg, gebeur dit telkens met díe ouens wat van die ander eilande in daai geweste af kom. Spelers soos Taumalolo, Tialata, Alapati en Pakalani. En toe tref dit hom, sê Gert: Hulle klink kompleet soos nuwe Suid-Afrikaanse dorpname.

xxx

Ons hoor verliefdes en verloofdes van die Bronberg-gebied het skielik op ’n streep besluit om troudatums vas te stel. Die rede hiervoor is dat hulle nou ’n kans het om ’n gratis troue, ja gratis troue by die Bronberg Wynlandgoed te wen. Besonderhede is op bl. 8 van hierdie uitgawe.

xxx

South Africans who switched off their electricity during Earth Hour between 8.30 pm and 9.30 pm on Saturday 26 March saved 350 MW of power. Eskom measured the reduction in electricity used during the hour against typical consumption for this time on an average Saturday evening. Although the result sounds impressive, it falls short of last year's Earth Hours savings of 420 MW

 

© 2019 Die/The Bronberger