Bekende sakeman van Cullinan oorlede Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 21 April 2011 17:41
Untitled Document

Gert Richards, 'n bekende sakeman van Cullinan, is op 1 April in 'n motorongeluk aan die Rand oorlede.

Die 44-jarige Gert was die eienaar van Richards Electrical, 'n kontrakteur van die Nokeng Tsa Taemane Munisipaliteit, wat 'n instrumentele rol gespeel het in die voortgesette lewering van elektrisiteit aan Rayton, Cullinan en Refilwe.


Gert Richards

Behalwe vir nuwe installasies het hy ook stelsels gediens wat vir jare lank verwaarloos was en het sodoende gesorg dat daar vir die toekoms 'n betroubare kragverspreidingsnetwerk in dié gebied sal wees.

Volgens 'n vriendin van die familie, Veronica Botha, kan dié werk as 'n monument vir Gert gesien word. Gert was ook voorheen die eienaar van die Miners' Pub & Grub by die Cullinan Ontspanningsklub.

"Gert het sy lewe voluit geleef en het elke dag geniet," sê Veronica. "Niks kon hom onderkry nie. Hy het altyd 'n oplossing vir 'n probleem gehad of 'n plannetjie gemaak om hom tyd te gee om 'n oplossing uit te dink."

Gert word oorleef deur sy vrou Thelma, sy seun Jurie en dogter Karen.

 

© 2020 Die/The Bronberger