Inwoners van gronde in die omgewing van ’n munisipale plaas
van 10 000 ha op Kleinzonderhout, vrees vir hulle eiendom en
lewens ná ’n groep ‘baie aggresiewe’ plakkers die munisipale plaas
beset het.
Die meeste plakkers wat hulle op
die plaas wil tuismaak, is afkomstig
van Kanana, ’n nabygeleë plakkerskamp. Die besetters bestaan uit
sowat 200 gesinne.
Die plaas behoort aan die Metsweding-distriksmunisipaliteit waaronder
Nokeng Tsa Taemane (Cullinan
en Rayton) en Kungwini ingedeel is.
Die hele gebied gaan ná die verkiesing by Pretoria ingelyf word, wat
die probleem dan Pretoria s’n sal
maak.
In die tweede week van Mei het
Metsweding ’n hooggeregshofbevel
bekom wat die plakkers verbied om
die plaas te betree sonder die skriftelike toestemming van die munisipaliteit.
Die plakkers het hulle blykbaar
afgevee aan die hof se bevel.
Beeste van plaaswerkers en boere
van die omgewing het tot dusver
met die toestemming van Metsweding op die munisipale plaas geloop. Dit word gevrees dat die beeste sal deurloop onder die plakkers
se slagtersmesse.
Foto’s wat by die hof ingedien is,
wys duidelik hoe onwettige strukture
op die munisipale plaas opgerig
word.

Vroeër het inwoners van Kanana só gereageer toe daar sprake van hulle verskuiwing
was. Nou blyk dit dat hulle vrywillig en
onwettig na ’n munisipale plaas by Kleinzonderhout wil skuif
Foto: Graeme Campbell
Volgens Ernest Chipu, Metsweding
se regsadviseur, het hy in Maart
gaan kyk wat op die plaas aangaan
toe hulle berig gekry het dat die
plakkers besig is om hulle daar te
vestig.
Ernest het ao James Fraser van die
Welbekendse polisiestasie daar
aangetref waar hy besig was om
sowat 150 gewapende plakkers toe
te spreek. Ao Fraser het die mense
gemaan om nie op die plaas in te
trek nie, omdat dit onwettig is.
Ernest Chipu het ook met die
mense gepraat en volgens hom was
hulle leiers baie aggresief en het hy
vir sy lewe gevrees. Terwyl hulle
besig was om met die besetters te
praat, het mense met grawe rondgeloop en was hulle besig om vir
hulle ‘erwe uit te meet’.
Die leiers het daarop aangedring dat
die burgemeester self na hulle toe
moet kom sodat hy die plakkers se
‘memorandum’ in ontvangs kan
neem.
Volgens ao Fraser sal dit
baie moeilik wees om
die plakkers te verwyder
as hulle eers op die plaas
gevestig is. Hulle is volgens
hom ‘militant’ en
die moontlikheid van
verlies aan eiendom en
lewens kan nie buite
rekening gelaat word nie. |