Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei 2011 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 19 May 2011 15:33
Untitled Document

Rand Water het op 10 Mei weer die waterdruk in die Bronberg-gebied verlaag omdat Kungwini hulle nie betaal het nie. Kungwini raadslid, André van der Walt, sê dat dit die derde keer in vyf maande is wat dit gebeur. Hy sê dat die waarnemende hoof uitvoerende amptenaar van Kungwini, Sabata Makoele, Woensdag 11 Mei met Rand Water gaan onderhandel het om die waterdruk weer te verhoog. Blykbaar het Kungwini en Rand Water tot ’n ooreenkoms gekom en die druk is die Donderdag weer herstel.

xxx

Angels with Hooves, a charity organisation where rescue case horses help abused children from children’s homes, are in deep financial trouble due to Kungwini’s resettlement of more than 2 000 homeless people on smallholdings 3 and 4, Donkerhoek. The fences were continuously cut and the horses wandered away. The horses had to be locked in smaller camps to decrease the risk of the hungry homeless people stealing and slaughtering them. Angels with Hooves were thus forced to move from the Pienaarspoort premises where they’ve been for 11 years. They’re renting new premises and have to start building new stables and facilities, while struggling to find a buyer for the original smallholding. This loss could have a huge effect on the continuation of the equitherapy and rescue programme.

xxx

Ons hoor dat daar binnekort professionele armdruk-kompetisies by Cullinan se Stasie gehou gaan word. En jy hoef nie professionele arms te hê om te kan deelneem nie.

xxx

Pedro, Bull en Bush se uitgevrete, inwonende ooruil, het onlangs vir groot konsternasie by dié plaaslike kuierplek gesorg toe hy spoorloos verdwyn het. Dit is gevrees dat Pedro vir ewig vort is om vir hom ’n gesin op die been te gaan bring, of erger nog, dat hy iets oorgekom het. Ná twee dae op vrye vlerk, het Pedro egter, tot groot verligting van sy mense, doodluiters weer opgedaag.

xxx

Ons hoor Umfaan het planne om ’n nuwe kuierplek op sy Swaeltjie-plot te maak. Hy oorweeg om dit Kuier en Kook te noem, of dalk Kook en Kuier, afhangende van wat uiteindelik vir die gaste die belangrikste sal wees.

xxx

’n Droombestemming vir natuurliefhebbers en 4x4 geesdriftiges is die Oos-Kaaplandse Baviaanskloof. Bronbergers wat nog altyd dié asemrowende plek wou besoek, kan nou by Piet en Griet Kruger op die geskiedkundige plaas Zandvlakte in die kloof tuisgaan. Meer inligting op bl. 7 van hierdie uitgawe.

xxx

The Green Market is at the Pretoria National Botanical Gardens on Saturday 21 May from 9 am to 2 pm. Stalls offer affordable nature-inspired gifts and fresh food as well as live music. Entrance is free. For more information dial 083-562-5249.

 

© 2019 Die/The Bronberger