Só lyk die wyke ná die verkiesing Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 24 June 2011 14:44
Untitled Document

Ná die munisipale verkiesing van 18 Mei is die munisipale gebied van Kungwini en Nokeng Tsa Taemane by Tshwane ingelyf.

Die Rayton-Cullinan-distrik, wat vroeër deel van Nokeng Tsa Taemane was, is nou Tshwane se wyk 100 en die ANC raadslid, Christopher Mantual Mahlase, het in dié verkiesing 3 826, wat 56% van alle stemme in dié wyk is, gekry.

Kungwini se ou wyk twee en drie het saamgesmelt om een groot wyk 101 te vorm. Die DA raadslid, André van der Walt, het 5 311, wat 68,97% van alle stemme in dié wyk is, gekry. Wyk 101 strek ongeveer van Hans Strijdomrylaan tot anderkant die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad, verby Witpoort tot by Yzervarkfontein. Dit sluit gebiede in soos: Silver Lakes, Tygervallei, Tweefontein, Zwartkoppies, Mooiplaats, Boschkop, Kleinfontein, Rhenosterfontein, Tweedracht, Tierpoort, Rietfontein, Klipkop, Kameelzynkraal, Vlakfontein, Roodekopjes, Witpoort, Dorstfontein en Elandsvallei.

Kungwini se ou wyk een se naam het na wyk 91 verander. Die DA raadslid, Lex Middelberg, het 7 734 stemme, wat 80.73% van alle stem me in dié wyk is, gekry. Wyk 91 strek van die Rietvlei Natuurreservaat, Rietvlei View, Grootfontein, Mooikloof, gedeeltes van Zwavelpoort en Olympus tot by Woodhill Gholf Landgoed.

 

© 2020 Die/The Bronberger