Bronbergers swig voor swendelaar Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 23 July 2011 00:19

Sanet Laing skryf:
Wou net laat weet dat my man deur dieselfde swendelaar gevang is as waarna Douw Venter verwys in ‘Het jy gehoor?’ in Die Bronberger se Junie-uitgawe. Dit het Woensdagaand, 22 Junie by die Engen op die R21, oppad van die lughawe af terug na Pretoria gebeur.

Volgens my man was daar geen rede om nie die ou te glo nie en het hy regtig gedink die ou is opreg en regtig in die knyp. Eers ná die insident het ek Douw Venter se brief gelees en my man het bevestig dat dit dieselfde man is. Die man ry blykbaar 'n silwer Mitsubishi Triton.

‘n Mens wil graag help, maar mense soos dié ou gee ‘n mens se vertroue in ander mense weer 'n lekker knou.

 

© 2020 Die/The Bronberger