Só werk jou munisipale sake nou onder Tshwane Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 23 July 2011 00:25
Untitled Document

Die onlangse inlywing van Kungwini, Nokeng en Metswideng by die groter Tshwane Metropolitaanse Raad het baie inwoners aan die raai oor wat presies die stand van sake nou is.

Die metropool se naam is Tshwane wat bestaan uit onder andere Pretoria, Bronkhorstspruit, Mamelodi, Centurion, Eersterus, Soshanguve, Cullinan en Rayton. Tshwane is nou, naas New York en Tokio, die derde grootse stad in die wêreld volgens oppervlakte.

Volgens Andre van der Walt, raadslid vir Wyk 101, gaan dié integrasie nog baie uitdagings stel. Hy sê dat die oorgangsperiode ongeveer twee jaar behoort te duur voordat alle stelsels en prosesse saamgevoeg is. Andre gee hier ‘n paar antwoorde op vrae wat oor die nuwe raad gevra word.
Alle besluitnemingsmagte berus nou by die Tshwane Stadsraad. Daar is 210 raadslede en 105 wyke.

Die ANC het 118 raadslede in 68 wyke, die DA het 88 raadslede in 37 wyke, die VF+ het vier raadslede, COPE het twee, ACDP een, APC een, Azapo een en die PAC een.


Gregory von Gordon en sy elektrisiteit-spanne van die Tshwane Metroraad werk sistematies deur Cullinan se verouderde elektrisiteit-stelsel. Daar is elke nou en dan kort onderbrekings om die kabels en substasies se werking uit te sorteer.
Foto: Elsabé Maré

Die amptenare van die ou munisipaliteite is almal behou en gaan mettertyd saamgevoeg word. Daar is net een burgermeester, Kgosientso Ramokgopa. Die ‘speaker’ is M Mosupyoe en die tydelike stadsbestuurder is Oupa Nkoane.

Almal betaal nou eiendomsbelasting volgens een Tshwane-skaal wat van 1 Julie in werking is. Die meeste ‘nuwe’ Tshwane inwoners kan ‘n groot verhoging te wagte wees.

Daar is na twee maande se samewerking sekere positiewe verwikkelinge wat raadslede van die ou Metswideng oorkoepelende raad kon optel: Tshwane het volgens Andre baie meer professionele amptenare, soos ingenieurs en regskenners, wat weet wat hulle doen.

Die regeringstelsel word ook ernstiger opgevat as in die ou Kungwini.

Dit lyk in dié stadium asof die stadsbeplanning-aansoeke baie meer deursigtig gaan wees en asof inwoners meer insae sal hê. Aansoeke sal nog vir ‘n tydperk onder die ou “Peri Urban Act” of Ordonnansie 15 van 1986 gedoen word maar almal behoort binne 24 maande onder die Tshwane stadskema te val.


Koos Schoeman se spanne van die Tshwane Metroraad is besig om al wat padteken en straatnaam in Cullinan is, te vervang. Kort systraatjies wat nooit voorheen name gehad het nie, pronk nou met nuwe naambordjies, en slaggate in die strate word reggemaak.
Foto: Elsabé Maré

Die ou Kungwini ruimtelike beplanningsraamwerk (SDF) gaan oorgeneem en ingesluit word by Tshwane se raamwerk. Daar is belowe dat daar vorentoe ‘n baie meer gedetailleerde raamwerk gaan wees.

Tshwane maak van ‘n streeksmodel gebruik. Die stad is in sewe streke opgedeel met ‘n streeksdirekteur wat na elke streek omsien. Die ou Kungwini-wes val in streek ses, Cullinan in streek vyf en Bronkhorstspruit in streek sewe.

Die Tshwane webwerf, www.tshwane.gov.za, is ‘n ligpunt. Begrotings, beplanning en dokumente word gereeld gelaai en opgedateer. Dit vat ‘n bietjie tyd om deur alles te soek, maar is volgens Andre die moeite werd om te leer ken. Hy beveel die gebruik van die “About Tshwane” skakel aan.
Met enige probleme, moet ‘n mens altyd eerste die stadsraad kontak en ‘n verwysingsnommer kry. Dit is die enigste manier hoe jy weer kan opvolg en hoe die stadsraad hulle effektiwiteit kan meet.

Andre sal in die komende maande meer inligting gee soos dit bekend word. Die volgende webwerwe gaan ook in die toekoms gebruik word om inligting deur te gee: www.ward101.co.za en www.ward91.co.za. Bel Andre by 083-462-5928.

Kontaknommers
Vullisverwydering bestuursprobleme: 012-358-0577/9.
Huishoudelike vullisdrom klagtes: Oos – 012-358-0526 Noord – 012-358-0554.
Vullis wat nie verwyder word nie: 012-358-9461/0592 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Stadsverordening-klagtes (soos onwettige handeldryf en onwettige nagklub aktiwiteite): 012-358-0070 of tolvry: 080-111-1556.
Elektrisiteit-klagtes: 012-358-9999 of tolvry: 080-111-1556.
Busdienste: 012-358-0214/0443/0231.
Na-ure riool-klagtes: 080-000-4135.
Stormwater, slaggatherstel: 012-358-0614 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Waterprobleme:
012-358-2111 of 012-327-0147.
Kragonderbrekings: 012-339-9111. SMS “Power” en jou rekeningnommer na 082-612-0333. Meterlesings: 012-358-9999: kies opsie 2 en dan opsie 4 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Brand en mediese nood: 10177, 012-358-2124, 012-310-6200.
Metro Polisie ongeluk-verslae: 012-358-7244/7114.
Verkeersboetes:
012-358-7154/7157/7088/7089.
Rapporteer straatligprobleme: 080-111-1556, 012-358-9999, 012-358-2540/1 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Algemene klagtes en navrae: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2020 Die/The Bronberger