Dankie dat jy ons gehelp het Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 August 2011 14:36
Untitled Document

Petra Hanekom van Boschkop skryf:
Ek en my twee dogters, La-Nê en Liesl, wil net aan Gerhard baie, baie dankie sê vir die hulp wat hy aan ons verleen het toe ons hondjie op 19 Julie raak gery is. Ons waardeer jou hulp opreg.

Ons het nie Gerhard se van nie, maar die ongeluk het op die Boschkop-pad gebeur. Ons bly ook daar naby. My hond het uitgekom en ons is agterna, maar was te laat en toe is sy oor die hoofpad.

Die persoon wat haar raakgery het, het sy bes probeer om uit swaai, maar kon nie want anders sou dit 'n groot ongeluk veroorsaak het. Hy het wel omgedraai en om verskoning gevra.

Ongelukkig het ons hondjie dit nie gemaak nie.
 

© 2020 Die/The Bronberger