Ontdek tydskrif op gepaste tyd Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 August 2011 14:40
Untitled Document

Heloise Heyne van Onderstepoort skryf:
Ek was vanoggend in die ‘Lemon Tree’ restaurant by Cullinan en ontdek toe julle tydskrif, Die Bronberger. Nog voor my koffie bedien was het ek al heelwat van die artikels gelees en dit baie geniet. Veral die artikels oor die “Raaisel van vreemde-vlieënde-voorwerpe oor Tierpoort en Mejufvr EJ Dijkman se ‘Kook-, Koek- en Resepteboek’.

Ek wil julle gelukwens met die glanstydskrif wat julle gratis beskikbaar stel. Ek kon die tydskrif nie op 'n meer gepaste tyd ontdek het nie. Ek is betrokke by reëlings vir ons toentertydse matriekklas-reünie.

Dit is die 1971-matriekklas, Hoërskool Erasmus, Bronkhorstspruit wat op 24 September 2011 reünie hou. Ons kon sover ongeveer 30-40 van die ou leerlinge opspoor en is op soek na 'n verdere 30.

Belangstellendes kan Drienie de Kock (Woest) bel by 013-932-0526 of 083-701-1770.

 

© 2020 Die/The Bronberger