Leef en laat leef Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 August 2011 14:41
Untitled Document

Gerhardt M Olckers van Tierpoort skryf:
. . . en kyk Hy voorsien, selfs die kleinste mossie . . . hy beskerm . . . Wat! Nie op my plaas nie!
Ek het ‘n kommersiële verantwoordelikheid. Ek voorsien voedsel aan die mense. Ek betaal duur vir diesel en arbeiderslone. Niemand het die reg om oor my goed te beskik nie. Ek . . .

Ja “ek”. Ek beskik oor die vermoë om natuurmoordenaars te bekom. Hulle kom met honde, haelgewere, ens. Die problem verleen soveel afleiding aan soveel gefrustreerdes, soveel verdwaaldes in hierdie onsekere tye waarin ons lewe.
Sonder inagneming van enige regte wat enige iemand anders mag besit of glo hy/sy besit, of waarop aanspraak gemaak kan word. Ek skiet die lug in. Ek roei ‘n euwel uit. Voëls, tarentale, fisante, kruipende, vlieënde gediertes wat my oes verniel.

Miskien is daardie gedeelte van die Skrif foutief vertaal. Dit is nie op my van toepassing nie. Want sien, ek verskaf kos, ook plesier en ek pluk die vrugte van besparing.

Mag daardie gedeelte van die Skrif wat handel oor vergewing, leef en laat leef, voorsiening en eerbied ten opsigte van die Groot Gewer wie alles geskape het, asseblief ook op my van toepassing wees.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger