Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei 2008 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 21 May 2008 00:00
Untitled Document

A spokesperson for a neighbourhood watch system said he believes that many crimes are possibly related to previous employees. Be sure to make a copy of your employees’ ID books. You can even take a photograph of the person because this will be far clearer and recent than an ID photo. It will also be a form of deterrent, as it will leave possible criminals with the thought that there is a positive lead that could lead to their arrest

xxx

Ou Barrie sê hy was op ’n dag in een van die Kaap se vele viswinkels toe een van die ‘locals’ ingewals kom en die snoeke wat daar uitgestal lê, begin bekyk. Die ou tel toe een van die snoeke op, beloer die ding van bo na onder, ruik ’n slag daaraan en vra vir die vrou agter die toonbank: “Antie, het djulle viskoekies hie’so?” Die vrou antwoord toe, ja. Hulle het viskoekies. Dis toe dat hy laat waai: “Nou ma’ daai’s ’n goeie ding, want, because why, hierrie snoekie verdjaar vandag.”

xxx

Did you know that the one and only hydrotherapy spa for horses is in the Bronberg area? Equine hydrotherapy uses chilled aerated saline water with jets that are applied to the lower legs. This reduces inflammation, swelling and pain.

xxx

Anderdag, by ou Faan se kuierplek, sit die manne en koffie drink (hulle sweer dis waar) en die gesprek dwaal af na die koue, nat weer wat ons andergister ervaar het. Sê ou Mike glo hy is mal oor die reënweer dié tyd van die jaar. Mike sê as dit so trietsig en koud in die oggend is, dan sê hy vir sy vrou dis vandag ’n vry-dag (Mike gebruik eintlik daai naaldwerkwoord) en dan sê vroutjie die saak is reg. En toe vra Mike vir ou Faan wat hy, wat ou Faan is, dan op sulke lekker, koue reëndae doen. “Nee,” sê ou Faan ewe ernstig onder sy baard uit, “ek sê ook vir ou Issie vandag is dit’n lekker vry-dag”, en dan sê sy wat Issie is vir hom: “Nou waar wil jy nou al weer vandag gaan vry?”

xxx

Do you think golf is a gentlemen’s game? Apparently when golf was invented, it was ruled “Gentlemen Only, Ladies Forbidden”. Thus the word golf entered the English language.

xxx

Die Blokskor ontwikkeling langs Klipkop Bewaria gaan nie meer voort nie. Volgens Hannes van Heerden, woordvoerder vir die ontwikkelaar, was hulle nie in ’n posisie om aan te gaan met die projek nie en is geforseer om dit te verkoop. Hannes sê dat dit verkoop is aan persone wat wil voortgaan met gewone onderverdeling en wat van die huidige Ontwikkelingsfasilitering Akte-proses gebruik gaan maak om by hul regte uit te kom. Hannes sê een van die aandeelhouers in die huidige proses is Lambert van Sittert van DealsPro.

 

© 2019 Die/The Bronberger