Gee my tog krag Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 22 September 2011 10:39
Untitled Document

Kla-kla van Cullinan skryf:
Vandat ons ‘n nuwe munisipaliteit het, moet ek sê dat dit lyk of daar iets in die dorp aangaan. Hulle sit straatligte in en maak gate in die paaie toe en ek sien hulle het straatname en verkeersbordjies opgesit, al is dit in ‘n paar gevalle op plekke waar nie eintlik strate of verkeer is nie.

Ek wil nou nie met die witbrood onder die arm kla nie en ons is dankbaar dat hulle gereeld ook aan die dorp se krag werk, maar kan iemand ons nie net laat weet wanneer hulle die krag gaan afsit nie?

Baie van die mense wat op Cullinan en Rayton bly, werk van hulle huise af en baie het krag nodig om hulle besighede te aan die gang te hou.

As ons nie kan beplan vir tye wat die krag sommer net wegraak nie, verloor ons besigheid en word kliënte vir ons baie kwaad as ons nie betyds is met aflewerings nie.

Hier is ook baie restaurante op die dorp en ek wonder wat moet die toeriste dink as hulle hier kom uiteet en daar is nie krag nie.

Al wat nodig is, is om ‘n kennisgewing vroegtydig in die posbusse te gooi sodat ‘n mens kan weet wat vir jou wag en wanneer dit vir jou wag. Dis tog seker nie te veel gevra nie?

 

© 2020 Die/The Bronberger