Wat het van Pretoria se goud geword? PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Wednesday, 21 May 2008 00:00

Goud is in 1875 in Pretoria ontdek. Die 14-jarige Bernard Meintjes, seun van JJ Meintjes, Registrateur van Akte, het ?n klippie met ?n geel stippel opgetel wat groot opgewondenheid in toeka se Pretoria veroorsaak het.

Volgens ?De Volksstem? van 24 Julie 1875 bring Bernard, bekend as Pompey, vir sy pa ?een stuk kwarts dat hij opgeraapt had om voor sijn gomelastieken schieter te gebruiken.? Diť klippie het gelei na verdere ontdekkings van goud in Pretoria wat nooit in die geskiedenisboeke opgeteken is nie. In haar Pretoria geselsbrief, sÍ Rosa Swanepoel dat baie dinge wat dit nooit geskiedenisboeke toe gemaak het nie, in ou koerante na vore kom.

?Om die ou koerante te lees is amper soos ?n vervolgverhaal,? sÍ sy. Die Pretoriase goud-verhaal, wat begin het met ?n klippie vir Pompey se kettie, het gelukkig in koerantargiewe behoue gebly. Pompey se pa het die kwarts-klip vir ?n aantal mans gewys en daar is besluit om Woensdagmiddag na die plek te gaan waar Pompey die klippie gekry het.

Die middag om vier uur gaan die heer Meintjes, twee klerke van die registrasiekantoor, J Minnaar, JC Kroch tesame met S Melvill, die landmeter-generaal, C Becker, Alphonse Meintjes en Celliers, die redakteur van die koerant, daarheen. Die plek was ongeveer 150 tree suid van die President se woonhuis. Rosa sÍ vandag is dit ongeveer by die kruising van Prinslooen Pretoriusstrate. Die klip is opgetel op ?n hoop grond wat uitgegrawe is met die maak van ?n watervoor.

Na ?n lang soektog keer die groepmans terug met ?n skottel vol grond en drie klippies met stukkies goud in. Die opgewondenheid was groot en die volgende dag is nog ?n paar stukkies goud gevind. Toe, sÍ Rosa, doen hulle dit wat ons Suid-Afrikaners so graag doen ? hulle hou vergadering en kies ?n komitee. In ?De Volksstem? van 14 Augustus 1874 word berig dat ?n openbare vergadering gehou is en dat ?n komitee gekies is om £75 of £100 in te samel om die prospekteerdery te finansier. F Zeiler is gekies as een van die komiteelede en word later gekies as sekretaris.


Harry en Frank Zeiler, sekretaris van die komitee wat gestig is om geld in te samel om die prospekteerdery te finansier.
Foto: Rosa Swanepoel se Pretoria geselsbrief

In die koerant van 20 Augustus word berig dat nog prospekteerdery plaasgevind het. Pompey Meintjes het ?n paar uur wes van Pretoria nog ?n mooi stukkie kwarts met goud in gevind. Mnr Skinner se seun het op dieselfde plek ook ?n stukkie gevind. Donderdag het C Evans en Pompey Meintjes nog ?n paar stukkies gevind in vier skottels grond wat hulle gesif het. Die koerant berig dat mnr Armsfield egter nog geen kleur gekry het nie. Rosa sÍ sy weet ongelukkig nie wat die uiteinde van die prospekteerdery was nie omdat sy geen koerante vir Oktober 1875 het nie. Die enigste verdere verwysing na Pretoria se goud was op 9 Mei 1877 in ?n berig oor die slegte toestand van die paaie.

Diť berig sÍ dat daar heelwat diep gate is op die plekke waar vir ?n paar jaar hard na goud gesoek is. Diť gate word as gevaarlik beskryf en die owerhede word gevra om dit op te vul voor die wapenskou wat op 24 Mei in Pretoria gehou sou word. Vir meer inligting, kontak Rosa Swanepoel by Rosa This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger