Omgee-stories bring geskenke van hoop in negende jaar PDF Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 22 September 2011 09:39
Untitled Document

Elke nou en dan hoor ‘n mens iets wat jou vertroue in die mensdom weer ‘n hupstoot gee. Ons het nege omgee-stories uit ons negende bestaansjaar gaan haal wat bewys bring dat die mense van die Bronberg-gebied se welsynharte nog warm klop

Simon kyk spikkelkat uit boom

In November 2010 berig ons dat ‘n luiperd op Donderdag 14 Oktober op Mooiplaats aangekeer is. En nee, hy is nie doodgeskiet nie, maar gered. Simon Mamogobo, plotwerker van Anton Bester, eienaar van plot 56 tussen Korhaanstraat en die Pienaarsrivier, het dié ‘tier’ vir vier ure lank stip dopgehou tot natuurbewaring hom kom ‘pyl’ het en dieretuin toe geneem het. Hy het eers ‘n wortelkanaaloperasie by Onderstepoort gekry het voor hy geband is en in ‘n Dinokeng wildreservaat vrygelaat is. Op die foto staar Simon, regs, steeds stip na die verdoofde luiperd. Hencke Marais van Tshwane Natuurbewaring is links.

Rayton Kerkgangers vang boewe

Op Sondag 5 September het ‘n drama in die parkeergrond van Rayton se Afrikaanse Protestantse Kerk begin, berig ons in September 2010. Drie mans was besig om ’n voertuig te steel. Gemeentelede, baie van hulle lid van die Conserv-gemeenskap se veiligheidinisiatief, het uit die kerk gestorm om die mans te konfronteer. ‘n Doodsveragtende jaagtog het gevolg, die groter Conserv-gemeenskap is gemobiliseer en toegangsroetes na die N4 snelweg geblokkeer wat die vlugtelinge gedwing het om met die Ou Bronkhorstspruitpad in Pretoria se rigting te jaag. Hulle vlug-voertuig is by die Mamelodi-kruising van die pad af; twee van die mans is gevang, gearresteer en hospitaal toe geneem.

Cullinan se ‘dog whisperer’

Stewart Douglas-Rose is nie jou alledaagse boemelaar/bedelaar nie, berig ons in Desember 2010. Die geld wat in sy kollekteblikkie gegooi word, gebruik hy grootliks om vir sy ses optelhonde, wat hom op sy kollektetogte vergesel, te sorg. Die honde is goed versorg, baie goed gemanierd en gehoorsaam.

Nie een van hulle is meer jonk nie. Almal is reggemaak, word gereeld gebad en kry hulle inspuitings wanneer dit moet. Hoe kry hy dit reg dat die honde so gehoorsaam is? Hy verstaan hulle en hulle verstaan hom, sê Stewart. “Dit gaan alles oor wedersydse respek en oor liefde.”

Ricardo’s Ferrari

In January we reported that Ricardo van der Walt was born with Spina Bifida. This bright, enthusiastic two-year-old had to face the fact that he won’t keep up with his little friends. That was until his new wheels arrived, complete with Ferrari lettering and flickering lights, thanks to sponsorship from Lions Jakaranda Pretoria Club. Ricardo’s light-weight wheelchair was custom-made by the Zwavelpoort-based Fastpulse Trading, which was founded when Niels Grobler couldn’t find an appropriate wheelchair for his daughter.

Quintus en papegaai red lewens

Rowers by Bull & Bush in Tierpoort het mekaar raak geskiet toe Quintus Koster, ‘n gereelde klant by dié kuierplek, die ligte tydens die rooftog afgesit het, berig ons in Januarie. Sy vinnige optrede het die lewe van sy vriendin, Wendy White, en Rowen van der Walt, wat besig was om die kroeg te sluit, gered. Eienares, Karin van der Walt, sê hulle kan nie verstaan hoekom die rowers skielik op mekaar begin skiet het nie. Daar is omtrent sewe skote in die onbemande kantoor afgeskiet. Karin dink dat hulle papegaai, wat in die kantoor slaap, die rowers moes gegroet het toe hulle daar inkom.

Monsterslangvangers

In Februarie berig ons dat ’n luislang Wapadranders behoorlik op hol gehad het. Die slang-vang avontuur het omstreeks 10 nm op Donderdag 20 Januarie begin toe Riekie le Roux ’n groot slang oor Disselboomweg sien seil het. Anke Viljoen het langs die pad stilgehou en toevallig ’n slangvanger, Stephanie Kendall, geken. Stephanie het dadelik uitgekom, die slang is teen ’n muur vasgekeer, in ’n vervoersak gesit waarna hy na ’n plek van veilige bewaring geneem is. Van links na regs is Riekie le Roux, Stephanie Kendall, Harry Marcus, Simon Vosloo en Anke Viljoen met die luislang veilig in die sak.

Lourens se visie

Dit is nie maklik om weer op jou voete te kom nadat jy alles, behalwe jou gesin, verloor het nie. Is dit dan denkbaar dat so iemand nie elke sent wat inkom vasgryp nie, maar sy professionele dienste teen ’n minimale bedrag begin lewer, en soms gratis weggee? Lourens Odendaal, ’n Mooiplaats oogarts wat ongeveer twee jaar gelede bankrot verklaar is, wou graag minder bevoorregtes help. Die probleem was net dat hy op daardie stadium self minder bevoorreg was – hy het geen geld gehad het nie en kon ook nie geld leen nie omdat hy nie kredietwaardig was nie. In Junie het ons vertel hoe Lourens se gemeenskap-oogklinieke ontstaan het.

Hulp vir dowe brandslagoffers

In Julie berig ons dat ‘n gesin van ‘n hoewe naby Cullinan binne ‘n oogwink van hulle inkomste beroof is toe ‘n veldbrand op Saterdag 2 Julie die plot verwoes het. Die familie, waarvan drie doof is, verkoop vuurmaakhout en hulle houtvoorraad, bloekomplantasies en gereedskap is vernietig. ’n Houthuisie, stoorkamer, werkkamer en ’n buitegebou het ook afgebrand. Lede van die Pienaarspoort Conserv-gemeenskap het die brand help blus en toe ‘n beroep op ander gemeenskapslede gedoen om die familie by te staan. Die groter Conserv-gemeenskap is binne ure gemobiliseer en 25 mense het daardie aand met genoeg kos vir twee weke, warm klere, komberse en selfs beddens opgedaag.

Care clown Steve

We met Steve Vosloo, a Bronberg-based care clown, in July. About two years ago, Steve reached a stage in his life where he felt a strong need to start giving something back to the community. Becoming a care clown seemed an ideal way to spread the healing power of joy. Care clowns believe that laughter, joy, creativity and compassion are integral parts of the healing process and they visit sick children in hospital. Steve also trains care clowns on his plot, Sweet Waters, in the Kleinfontein district.

 

© 2019 Die/The Bronberger