Vuurwarm Cullifest in bibberweer PDF Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 21 May 2008 02:00

Elsabé Maré

Die Cullifest van Saterdag 3 Mei was ’n groot sukses ondanks die gure weer. Daar was uitstallers,’n arenaprogram, kunsmark en pretpark wat goed ondersteun is. Dié fees het afgeskop met ’n Hemelvaartfees op Donderdag 1 Mei. Gospelsangers het opgetree en kerke in die gemeenskap het saamgestaan om dit ’n onvergeetlike fees te maak.

Vrydagaand 2 Mei het die tradisionele lapabraai weens weers-omstandighede na die sportsentrum verskuif, maar die Campbells het met hulle optrede gesorg vir ’n warm aand.


Drie McCormick Farmall trekkers by die Veteraan Trekker- en Enjinklub se uitstalling

Die 1945 Continental enjin, wie se formidabele klank almal laat omkyk het, en sy trotse eienaar Neels Booyens

Kleurvolle uitstalling

?n Poppekas tot groot vermaak vir oud en jonk

 

 

© 2019 Die/The Bronberger