Tannie Willa se pa het gesien hoe die eerste goud ontdek word PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Wednesday, 21 May 2008 00:00

?Ek het gesien toe goud aan die Witwatersrand ontdek is.? Diť is die bekende woorde van wyle Hans van Staden van die plaas Onbekend. Hans was die pa van die Laerskool Witpoort se oudste oorlewende leerling in ons omgewing, tannie Willa Dreyer.

Hans was ?n skaapwagtertjie wat in 1886 op sesjarige ouderdom nuuskierig saamgedraf het toe die eerste goud ontdek is op die plaas Langlaagte. Oom Hans het jare na diť gebeurtenis vir koerante vertel dat die ontdekker nie die veelgeroemde George Harrison was nie, maar ?n boer.


Ethel Gray, deskundige oor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand, saam met Hans van Staden in 1951

Klip
Langlaagte het aan oom Hans se oupa, Gerhardus Cornelius Oosthuizen, behoort. Terwyl oom Hans se pa met die skape in die veld was, het hy ?n stukkie klip afgeskop en saamgeneem huis toe. By die huis was ?n sekere Peter Bernardus de Ville besig om ?n kamer uit te messel en toe hy die klip sien, wou hy weet waar dit vandaan kom. Oom Hans was saam toe sy pa die messelaar gaan wys het. Hulle het nog dele van die klip afgeslaan, dit in Hans se ouma se vysel fyngestamp en in een van haar broodpanne in die stroompie gewas.

De Ville het dit wat in die pan oorgebly het, in ?n koevert gesit en is daar weg. Hy was kort daarna terug met ?n groep mans wat haastig was dat oupa Oosthuizen ?n kontrak moes teken. Die sindikaat wat De Ville verteenwoordig het, het die plaas gekoop, maar die familie het diť geld verloor toe dit buitgemaak is deur die kakies met die Slag van Waterval in die Anglo-Boere-oorlog.


Hans en Hannie van Staden in 1966, die jaar toe hulle 63 jaar lank getroud was

Onbekend
Hans het in diť oorlog geveg en is daarna in 1903 met Hannie getroud. Hans en Hannie het in 1924 die plaas Onbekend in die Bronberg- gebied gekoop. Tannie Willa was een van hul agt kinders wat almal aan die Laerskool Witpoortskoolgegaan het. Sy het in 1925 in graad een begin en in 1934 was sy die enigste meisie wat standerd ses daar geskryf het. Sy is daarna Bronkhorstspruit HoŽrskool toe. Tannie Willa is in 1944 met Lucas Dreyer getroud en al drie hulle seuns en diť se kinders en kleinkinders was ook in Witpoort op skool.

Vandag woon sy al langer as 60 jaar in die opstal waar sy en haar oorlede man as jong mense ingetrek het.


Tannie Willa Dreyer van Onbekend se pa, Hans van Staden, het as kind gesien toe goud aan die Witwatersrand ontdek is

 

© 2019 Die/The Bronberger