Lieve oom Krismisfader PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Wednesday, 14 December 2011 06:21
Untitled Document

Lieve oom Krismisfader, dis weer ek, oom, Daantjie van Donkerhoek. Oom weet mos, daai soet oukie wat elke jaar skryf om ‘n kwatbaaik te bestel. En dan bring oom elke keer vir my per ongelik die fekeerde pirsent.

Toema, ek weet oom moet firskriklik baie onthou en almal kan petykeer deermekaar raak. My ma sê so. Sy sê almal raak petykeer deermekaar, behalwe my pa. My ma sê hy is deermekaar gebore.

Die fisstok van laasjaar was oukei en ‘n mens moet bly wees vir wat jy het. My ma sê so ok. Dankie virrie fisstok, oom Krismisfader, maar ek vra weer vir ‘n kwatbaaik. Ek sal maar aanhou tot oom dit eendag reggkry. Hy kan maar enige kleer wees oom en hy hoef nie van daai heel grootes te wees nie

Ek is mos nou al in die grootskool, oom en ek leer al Engels en ander moeilike goet. Wat is ‘n Siekrissie Bul oom. Ek vra want ons het nog nie Engels tot daar geleer nie en die grootmense praat die hele tyd van ‘n Siekrissie Bul as ek al weer tanne tel.

Eers dog ek dis seker vamielie van daai Sannie Bul. Oom weet mos, die een wat vir die Ôl Blêks rakbie speel. Ek het geweet daai Siekrissie Bul is nie ‘n Bloue nie want dan sou my pa nie daai woorde wat kinners nie mag sê nie, gesê het as hulle oor hom praat nie.

Nou wil ek oom vra as oom dalk vir die pirsident hierrie jaar goeie pille en baie salf kan bring, want as hy doen wat my pa sê hy moet doen, dan gaan dit ferskriklik seer wees. Want my pa sê die persident kan sy Siekrissie Bul in ‘n plek opsteek, maar kinners mag ook nie sê watse plek nie. Dwars, sê my pa.

Al wat ek kan sê, oom Krismisfader, is dat as Siekrissie Bul iets oor rakbie is, dan gaan die pirsident seker soos my pa wees as hy doen wat my pa sê hy moet doen. Want my pa sê, ná die wêreldbeker se gemors, is hy gatvol vir rakbie. My pa sê dit.

Ons nuwe biere hier op plot 80 het ‘n dogter, oom. Mieshel is haar naam en hulle kom van die groot dorp af. Mieshel se ma dink sy is firskriklik grênd. My ma sê dit. My pa sê die tannie dink haar (ek mag weer nie sê wat nie oom) ruik na purfeum en die oom dink die son gaan onder as die oom gaan sit. Ek verstaan dit nie mooi nie, oom Krismisfader.

Werk die son dan met wind, oom? Want as die oom is wat my pa sê hy is, moet die wind mos eintlik gaan lê as die oom gaan sit? Kan oom asablief vir my pa en ma nuwe biere vir Krismis saambring?

Mieshel praat anners as gewone kinners, oom. Sy sê amper alles is cool, oom, net partygoed is ôsum en ander goed is grous. Die goed wat nie baie cool of ôsum is nie, is grous. Maar ek virstaan ok nie altyd nie, want Mieshel sê die blou oog wat ek pirongeluk gekry het toe ek en Buksie Barnard ‘n biekie geboks het, is grous maar dis cool. My pa sê ‘n mens sal nooooit ‘n froumens kan virstaan nie. Wat is cool in Engels, oom?

Soos oom Krismisfader kan sien, vra ek nie freeslik baie hierrie jaar nie. Oom kan maar vir my boetie Neelsie bring wat hy self vra – hy is al groot en lelik genoeg. Hoekom moet mense lelik ook wees as hulle self iets kan doen, oom? En ek dink my babasusie wil dalk ‘n nuwe rakbiebal hê.
Oom, probeer asseblief hierrie keer onthou van my kwatbaaik.

Dankie oom.

Van Daantjie

 

© 2019 Die/The Bronberger