Het jy gehoor? / Have you heard? - Des 2011 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 14 December 2011 06:25
Untitled Document

Jacques van Zyl, wat verlam is in die ongeluk op 30 Julie naby die Ryckor-sentrum op die Boschkop-pad, is uiteindelik uit die hospitaal. Ons het vroeër vanjaar berig dat Jacques se vriendin, die 19-jarige Naleen Tiquin, dood is in dié ongeluk. Jacques se ma, Wilma, sê dat hy uiteindelik permanent by die huis is. Sy sal op ‘n later stadium vertel hoe sy genesing vorder, want soveel mense het hulle ná die berig in Die Bronberger gebel om te hoor hoe dit gaan. Selfs van hulle bure het die eerste keer oor die ongeluk in Die Bronberger gelees; mense wat by toneel verby gery het wat nie die voertuig herken het nie.

xxx

Die eienaars van dié Cullinanse onderneming glo blykbaar nie aan die uitdrukking ‘een dood is jy skuldig’ nie. As jy hier een grafsteen koop, kry jy nog een verniet. Die goed is glo ook op ‘lay buy’ beskikbaar. Wonder net wat van jou grafsteen sal word as jy opraak voor jou afbetalings.

xxx

Ons hoor dat Stiaan Nieuwoudt en Yolandi Nel volgende jaar op 28 April in Parys, Vrystaat, gaan trou. Ons het verlede maand berig oor hulle verlowing by Wet Nose en watter rol Grits, die hawelose drie-been hond, in die verlowing gespeel het. Danksy die verloofring om sy nek, het dié bejaarde hondjie verseker dat sy twee gunsteling mense trou aan mekaar sweer sodat hulle vir hom ‘n huis kan bied. Stiaan se ma, Nelia, sê dat hulle hele gesin almal so gek is oor diere.

xxx

The Shere-based tea garden, Madame Rose & Monsieur Luke, had to close its doors due to legislative problems. The last tea garden business day was on 26 November. Ina and Leandri said that during 17 months they: served 1 475 tables, celebrated 67 birthdays, spoiled 34 brides-to-be, hosted 14 French high tea’s and anticipated the arrival of 42 new babies. “For everyone who supported us, enabling us to make our dream a reality, many heartfelt thank-you’s! Where to next, we are still a bit unsure of, but it will be onto bigger and better things,” they said.

xxx

Bronbergers wat wonder wat om op Nuwejaarsdag te doen, kan nou ‘n ‘Piekniek in die Park’ by die splinternuwe Cedar Junction op plot 404 in Lynnwoodweg-verlenging bywoon. Die piekniek is van 8 vm tot 5 nm. Toegang is R25 vir volwassenes en R15 vir kinders. Dié park bied allerhande aktiwiteite – van treinritte, ‘n bergfietsbaan, staproetes en bootjies tot ‘n teetuin. Kyk na Cedar Junction se advertensie vir meer inligting.

xxx

The traditional exodus of matric students to the coast is underway. Parents who are worried about their children should know that eblockwatch, the nationwide electronic block watch, will connect the matrics’ cell phones to a specialist team, The Redfrogs, who will be concentrating on looking after matric students in Plett, Umhlanga, and Ballito. Their cell phones will also be permanently connected to the eblockwatch network of 78 000 members. Eblockwatch can supply you and your children with a cell phone panic button and all the community support needed in the event of an emergency. This service is only for those who register at www.eblockwatch.co.za. This cannot be done once they are lost. Then it is too late. The cell phone panic buttons work with Vodacom and MTN phones. It does not give a GPS reading, only a general idea.

 

© 2019 Die/The Bronberger