Te duur vir drink en bestuur PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Thursday, 22 March 2012 06:16
Untitled Document

Gert Mossie s hy hoor by sy dogter van ‘n ou tannie wat ysblokkies van oorskiet wyn maak en dit dan verkoop aan wyndrinkers. Die wynsnobs sit die blokkies dan op warm dae in hulle wynglasies om dit effe koeler te maak.

Hy dink sy dogter het loop Yodel op die internet-dinges en toe lees sy van di ou tannie, s Gert.
Klink vir hom na ‘n blink plan, s Groot Piet, maar hy is nou verskriklik verward. Want wat op aarde is oorskiet wyn en waar op aarde kry ‘n mens dit?

Dit laat hom nou weer van voor af die hoenders in raak vir die regering en sommer vir al die regerings wat voor di een bewind gevoer het, s Stefaans Kruiwa. Jy kan maar jou laaste bottel Klippies daarop wed dat die regering elke jaar met die begroting drank se prys en petrol se prys in hulle dingesse in gaan verhoog - soos nou weer hierdie jaar.

Hy wonder of die blikslaers weet hoe duur dit nou geword het om te drink en bestuur, s Stefaans Kruiwa.

Kerkbladblapse 
‘n Gewaardeerde leser het ‘n aantal juweeltjies uit gemeentebladjies vir ou Poon gestuur en ek voel dit my genope om ‘n paar met my vrinne te deel:

  • Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring.
  • Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help.
  • Die koste vir bywoning van die gebed-en-vas-konferensie sluit die koste van die etes in.
  • Me Charlene Mason van die Metodiste gemeente het vir ons "I will not pass this way again" gesing, wat ons almal groot vreugde verskaf het.
  • Volgende Donderdag is daar oudisies vir die kerkkoor. Kom gerus as jy niks aan het nie.
  • Barbara is nog in die hospitaal vir bloedoortappings. Sy sukkel om te slaap, en het kassette van ds Giel se preke gevra.
  • Die dominee gaan sy afskeidspreek lewer, waarna die koor gaan sing "O blye dag".
  • Klaas Buitendag en Debbie Prinsloo is op 3 Oktober getroud. En so eindig 'n mooi vriendskap wat in hulle skooljare begin het.
  • Die onderwerp van Maandagaand se gemeentebiduur is: "Die hemel, hoe kan jy daar kom?" Vervoer vertrek om 19:00 van die bushalte oorkant die ouetehuis.
  • Die Weight Watchers-groep vergader Donderdag om 14:00 in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure by die sy-ingang.
  • Vir die van u wat kinders het en dit nie weet nie, ‘n kinderoppasser is aan diens in die moederskamer.
  • Donderdagaand se ete sal voorsien word deur die sustersvereniging en sal gevolg word deur gebed en medikasie.
 

© 2019 Die/The Bronberger