Uitlanders sonder genade saam met Boere uitgewis PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 22 March 2012 06:29
Untitled Document

Die name van die Europese vrywilligers wat in die Tweede Vryheidsoorlog gesterf het is vandag nog in ‘n soort romantiek gehul. Hulle was nie huursoldate nie en baie van hulle het ‘n gruweldood gesterf.
Geen vrywilliger is deur die Boererepublieke betaal nie en hulle reis- en onderhoudkostes is uit hulle eie sak gedra. Sommige van hulle is finansieel ondersteun deur Europese hulporganisasies.

In die laat 1800’s het burgers van baie van die groot Europese moondhede besluit om as individue hulle simpatie vir die onafhanklike Boererepublieke op die slagveld te bewys en ook om Pretoria te help beskerm.



Generaal Johannes Hermanus Michiel (Jan) Kock, sittend met die grys baard, saam met sy personeel. Die graaf Von Zeppelin staan voor, derde van regs. Die man met die Rooikruis armband heel links is dr Elsberger. Links langs genl Kock staan kol Schiel
Foto: Wikipedia

Vreemdeling-vrywilligerkorpse wat rondom die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog tot stand gekom het, was die Duitse kommando, Hollanderkorps, Ierse brigade of “Wrekers Corps”,† Skandinawiese korps, Franse korps, Italiaanse korps, die Amerikaanse verkenningskorps, Russiese korps en die Oostenrykse verkenningskorps.

Daar was egter nie suiwer Europese eenhede nie. Hulle het saam met die Boere-eenhede op kommando vertrek en vrywillig die slagvelde betree.

Ons verhaal gaan oor die Hollanderkorps van Pretoria, ‘n korps waarvan ‘n groot deel uitgewis is by een van die eerste slagvelde in diť oorlog. In gebeure wat ‘n internasionale skandaal veroorsaak het, is diť vasgekeerde vrywilligers saam met die Boere genadeloos met sabels gesteek en gekap of met lanse en bajonette deurboor.


Generaal Jan Kock is swaar gewond by Elandslaagte en is volgens die geskrifte "aan de gevolgen van ergerlijke mishandeling overleden"
Foto: KB/Meertens Instituut

Korps
Die Hollandse en Belgiese burgers in die Zuid-Afrikaansche Republiek het vroeg in September 1899 begin om ‘n vrywilligerskorps te organiseer. Hulle het 'n vereniging met die naam ‘Corps van Nederlanders en Oud-Nederlanders’ gestig. Met die hulp van Cars Geert de Jonge, sekretaris van onderwys en opvoeding in die ZAR, het Staatsadvokaat dr Hermanus Jacob Coster die Hollanderkorps in die lewe geroep.

Herman Coster is op 30 Junie 1865 in Alkmaar, Nederland gebore. In 1891 het hy as advokaat gepraktiseer en met Ewald Esselen se bedanking in 1895 het hy hom opgevolg as Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Hy het egter twee jaar later, nŠ ‘n dispuut met President Kruger, bedank.


Cars Geert de Jonge, sekretaris van die Departement Onderwys, Pretoria, gesneuwel by Elandslaagte, 21 Oktober 1899
Foto: Zuid-Afrikahuis

Die Hollanderkorps het uit twee afdelings bestaan, 'n velddiens- en garnisoensdiens-afdeling. BG Verselewel De Witt Hamer, ‘n lid van die Tweede Volksraad, is as algemene kommandant van die velddiens-afdeling gekies, en JM de Bruijn, onderwyser aan die Telegraaf skool in Pretoria, as aanvoerder van die garnisoensdiens.


Die 16-jarige Jan Moora, enigste kind van H Moora, inspekteur van skole in die Zuid-Afrikaansche Republiek, het op kommando saam met sy pa se beste vriend, Cars Geert de Jonge, vertrek en saam met hom by Elandslaagte gesneuwel
Foto: Neerlandia

Verkies
Jan Lombard is as die hoofaanvoerder van die hele korps, met die rang van kommandant, verkies. Daar was ongeveer 450 mans, waarvan 150 in die velddiens-afdeling dadelik vir krygsdiens beskikbaar was.
Die res is ingedeel by die garnisoensdiens wat gehelp het met die bewaking van die terrein in en om Pretoria. Hulle dienste het 300 Pretorianers vir aktiewe diens aan die front vrygestel. †


Dr Hermanus Jacob Coster, in 1898
Foto: Geheugen van Nederland

Die velddiens-afdeling is in seksies van 25 mans, elkeen onder ‘n seksie kommandant, verdeel. Die seksie kommandante was dr Hermanus Jacob Coster, Cars Geert de Jonge, K van Rijsse, JC Goldman, W Nijenes en Lesturgeon.

Die garnisoensdiens is ook in ses seksies onderverdeel, en die seksie kommandante was W Klooster, F Hildebrand, J van Marie, H Weijgers, Raymond G Coerman en L de Waard.


Dr Hermanus Jacob Coster, as student
Foto: Geheugen van Nederland

Opblaas
Die Hollanderkorps se velddiens-afdeling het saam met generaal Johannes Hermanus Michiel (Jan) Kock se 700 man gegaan om die spoorlyn tussen Ladysmith en Dundee op te blaas. Hulle wou die Britte daarvan weerhou om troepe per trein na die Transvaal te stuur. Jan Kock was ‘n Volksraadslid en was reeds in die Eerste Vryheidsoorlog ‘n Boere-generaal.

Die bevelvoerder van Ladysmith, generaal sir George White, het egter agtergekom waar Jan se troepe was en hy het generaal John French met 'n sterk mag gestuur om die Boeremagte te verdryf.

Die Slag van Elandslaagte het op 21 Oktober 1899 naby die grens tussen Natal en Transvaal plaasgevind. Altesaam 1 000 Boere en uitlanders met hulle drie kanonne is deur 2 500 Britse Dragonders en Lansiers met 18 kanonne oorval.


Die graf van dr Hermanus Jacob Coster by Elandslaagte. Sy oorskot is eers op 11 Desember 1961 in die Kerkstraat-begraafplaas herbegrawe
Foto: Zuid-Afrikahuis

Skandaal
Diť kakies het opdrag ontvang dat daar geen gevangenes moes wees nie en hulle optrede het vir ‘n internasionale skandaal gesorg. Vlugtende, vasgekeerde manskappe is genadeloos afgemaai.

Daar het 237 Britte en 350 Boere gesneuwel. Onder die gesneuweldes aan Boerekant was twee Johannesburgse Engelssprekendes, ‘n Duitser, Graaf Von Zeppelin, en Herman Coster. Hy is op 11 Desember 1961 herbegrawe in die Kerkstraat Begraafplaas in Pretoria. Herman Coster-laan in die voorstad Andeon is na hom vernoem.


Generaal Jan Kock se begrafnis in Pretoria
Foto: Emagameni

Die 16-jarige Jan Moora, enigste kind van H Moora, inspekteur van skole in die Zuid-Afrikaansche Republiek, het op kommando saam met sy pa se beste vriend, Cars Geert de Jonge, vertrek en saam met hom by Elandslaagte gesneuwel.

Die gedenksteen by Elandslaagte sÍ dat Generaal Jan Kock dood is aan siekte terwyl hy op kommando was, maar dit is bekend dat hy ernstig gewond is in die slag en oorgeplaas is na ‘n krygsgevange kamp-hospitaal by Ladysmith, waar hy ‘n paar dae later dood is. Die Britte het sy oorskot vrygestel en dit is na Pretoria gebring waar hy met volle militÍre eer begrawe is. President Paul Kruger het die begrafnis-optog gelei.


Die aankoms van transport op Elandslaagte
Foto: Zuid-Afrikahuis

Hulp
Met die Tweede Vryheidsoorlog was daar ‘n groot aantal Nederlandse hulporganisasies, van die Amajuba Comitť te Den Haag, Beschermings-Comitť der Vereeniging Helpt Elkaar te Den Haag, Algemeen Nederlandsch Verbond en Nederlandsch Comitť voor Transvaal tot die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereeniging (NZAV).

Die NZAV het tot Augustus 1901 1,3 miljoen Gulde ingesamel en aan die Boere beskikbaar gestel. Die Perskantoor in Dordrecht, wie se taak was om die Nederlandse bevolking se aandag op Engelse gruweldade te vestig deur persberigte, was ook by diť vereniging betrokke.

 

© 2019 Die/The Bronberger