Kamer bring burgemeester na Cullinan Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 25 April 2012 00:32
Untitled Document

Die burgemeester van die Tshwane-metro, Kgosientso Ramokgopa, en ‘n aantal raadslede het onlangs ‘n uitgebreide besoek aan Cullinan gebring. Die besoek, op Vrydag 23 Maart, was ‘n inisiatief van Cullinan se kamer van koophandel.


Die Tswane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, help homself aan versnaperinge

Die kamer verteenwoordig Cullinan, Rayton, Refilwe en Onverwacht en streef daarna om as die ‘stem’ van die gemeenskap saam met die owerheid en die sakewêreld te bou aan die ekonomie van die gebied.


Gordon Webb, voorsitter van Cullinan se kamer van koophandel, spreek die burgemeestersgroep toe oor streek 5

Die burgemeestersgroep is op ‘n besigtigingstoer van die dorp, die myn en die omliggende gebied geneem. Voor dit is ontbyt by Cullinan Diamond Inn geniet, waarna ‘n inligtingsessie gehou is. Die algemene bestuurder van die Cullinan diamantmyn, Juan Kemp, het die groep toegespreek oor die agtergrond en verwagte toekomstige uitbreiding van Cullinan se geskiedkundige myn.


Uitvoerende burgemeester, Kgosiento Ramakgopa, geniet verversings saam met die voorsitter van Cullinan se kamer van koophandel, Gordon Webb, (sittend links) en kamerlid Henk Roos (regs)
Foto’s: Elsabe Maré

Kamerlid, Henk Roos, het die belangrikheid van die kamer se rol as verteenwoordiger van die gemeenskap beklemtoon en gesê dit is noodsaaklik vir die sakesektor, die owerheid en die gemeenskap om in vennootskap saam te werk ten einde volhoubare ekonomiese vooruitgang in die gebied te verseker.

 

 

 

© 2020 Die/The Bronberger