Die goeie ou dae PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 June 2008 21:37

Waar-is-die-dae van Tierpoort skryf:

Waar-is-die-dae van Tierpoort skryf: Ek verlang vandag na die ou dae. Die goeie ou dae, soos my pa altyd gesê het. Ek betrap myself dat ek, net soos my oorlede pa, my kinders al hoe meer vertel van die “goeie ou dae”. Die dae toe ons nog kinders was en toe kinders hulleself nog in die buitelug kon besig hou.

Ons het sorgvry in die veld rondgeloop. Ons het donkie gery en kleilat gespeel en kilometers ver dorp toe geloop, fiets gery of, as niemand kyk nie, selfs geryloop. In die dorp het ons saam met ons maatjies in die straat gespeel of in die parkie baljaar – soms tot na sononder.

Ek kan die dinge van die goeie ou dae vir my kinders vertel, maar ek verwag nie dat hulle moet maak soos ons gemaak het nie. Want daardie vryhede
is iets van die verlede sedert hierdie land sy sogenaamde vryheid gekry het. Dit breek my hart en dit maak my moedeloos de duiwel in.

 

© 2019 Die/The Bronberger