Ode aan ?n vet vlinder Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 August 2012 18:46
Untitled Document

Annetjie van Schalkwyk van Silver Lakes skryf:
Nie eers ‘n lag met ‘n traan nie - die geveg is te groot. Die geveg tussen die hart en die hart. Hoe langer die lente talm hoe hewiger die geveg – ‘n gewigtige saak!

Want wat doen ek in my winterkokon . . . buiten lees en eet? En dophou? Nie wat ek lees nie; nee, dis reeds bymekaar gehark saam met die herfsblare en die lekker vooruitsig daaraan lank in die hart gekoester. Want dis ‘n hartsaak.

Die eet (dieet) beplanning was ‘n gesonde hart-saak. Met ingedagte die implikasie en komplikasie. Nie die lees se inspirasie nie. Dan begin die redenasie: tog voordelig, die ekstra ‘tydelike’ beskerming-teen-die-koue-lagie versus die lente-soepel-aspirasie (wat maklik wyk voor die volgende dreigende koue front).

Die ergste koue front is egter die stilswyende spieël wat mistig deur die onverstoorde badkamerstoom, die feite weerkaats. Wat gaan uit hierdie heerlik snoesige kokon breek? ‘n Vet vlinder wie se brose gewete-vlerke haar nie kan dra na al die soete lente-nektar nie! Maar nou die deklarasie: Dis die laaste keer. Volgende jaar gaan ek lag-lag saam die lente in.

 

© 2020 Die/The Bronberger