Kan jy my help? Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 August 2012 18:47
Untitled Document

Ernie Doms van die Paul Jungnickelhuis skryf:
My naam is Ernie Doms, ‘n 49 jarige man, woonagtig te Paul Jungnickelhuis. Ek is drie en ‘n half jaar gelede by Paul Jungnickel opgeneem nadat ek as gevolg van jare se heup- en rugpyn nie meer kon volhou by die tempo van my werkvereistes as TV kameraman nie.

Ek was op ‘n waglys geplaas vir ‘n heupvervanging. Ek het intussen sodanig herstel dat geen operasie meer nodig is nie. Ek voel ek kan nou weer my plek in die samelewing volstaan.

As daar enige iemand daar buite is wat my kan help met verblyf en/of werk sal ek dit hoog op prys stel. Werkondervinding: video redigering, administratiewe of chauffeur werk.

U kan my kontak by 079-153-2521.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger