Soek Bronbergers in Wapadrand Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 June 2008 21:42

AL Smit van Wapadrand skryf:

Ek voel baie afgeskeep dat my buurvrou elke maand haar Bronberger in haarposbus kry en ek nou al meer as ’n jaar hare moet leen.

Op bladsy 2 sê julle dat aflewering in Wapadrand gedoen word, maar hier by ons word dit nie afgelewer nie. Julle kan mos nie vir party mense Die Bronberger gratis aflewer en vir ander nie?

Jou buurvrou het seker ’n poskantoor-posbus in Wapadrand, waar ons wel maandeliks aflewer. Ons doen nie huisaflewering in Wapadrand nie. Die Bronberger is ook elke maand beskikbaar by verskeie winkels, soos Spar, De Ruyter, die hardeware, videowinkel en Shovels in die Wapadrand-koopsentrum.-Red

 

© 2020 Die/The Bronberger