Ons soek Bronnies in Bronkie Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 26 September 2012 00:07
Untitled Document

Mev C Venter van Bronkhorstspruit skryf:
Net ’n vragie . . . Hoekom word Die Bronberger nie ook in Bronkhorstspruit versprei nie? Ek het die tydskrif vir die eerste keer by ’n kwekery in Wapadrand ontdek.
Dit is ’n baie interessante boek en ek sal graag wil sien dat dit ook in Bronkhorstspruit beskikbaar gestel kan word.

Ons oorweeg dit reeds ’n geruime tyd om in Bronkie se rigting te beweeg. Ons het sopas ons drukoplaag verhoog, omdat die vraag na Die Bronberger in ons bestaande verspreidingsgebiede geweldig toegeneem het.

Die Bronberger is ’n onafhanklike publikasie en ons is uitsluitlik afhanklik van advertensie-inkomste. As ons advertensies uit Bronkhorstspruit se wêreld kan lok, sal ons beslis ’n verdere verhoogde drukoplaag oorweeg om daar te kan versprei.

Dankie vir die belangstelling.-Red

 

© 2020 Die/The Bronberger