Verjaardagkaartjie gevind Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 26 September 2012 00:11
Untitled Document

Caro Cloete skryf:
Ons het ’n 50ste verjaarsdagkaartjie met klomp geldjies wat vasgeplak was, opgetel. My baas-hulle het fiets gery in Achillesweg, Zwavelpoort en op die hoek van Achilles en Saintsstraat het hulle die koevert met die kaartjie en geldjies in gekry.

Die kaartjie is vir 'n Elsa van Heleen af. Ek dink dit moet baie hartseer wees vir die persoon wat dit dalk wou gee want dis vir die Elsa se 50ste verjaarsdag. Dit lyk baie spesiaal.

Hulle kan ons kontak by 012-809-2238, dan kan ons reëlings tref dat of Elsa of Heleen die kaartjie en sy inhoud kan terugkry.

Dankie vir julle wonderlike boekie. Daar is altyd ’n ietsie interessants in om te lees.

 

© 2020 Die/The Bronberger