Kungwini verloor belasting appèl |
|
|
News -
Aktueel
|
Thursday, 19 June 2008 22:56 |
Untitled Document
Kungwini sal bes moontlik etlike miljoene rand aan belastingbetalers moet
terugbetaal.
Dit volg nadat die Kungwini plaaslike regering se appèl om buitensporige
verhogings in belastinggelde sedert 2004 geldig te maak, op 2 Junie in die
Hooggeregshof van die hand gewys is.
Die appèlsaak was ‘n laaste poging om ‘n vroeëre hofbeslissing ten gunste
van die Silver Lakes huiseienaarsvereniging, ter syde te stel.
Die appèlsaak-beslissing beteken dat die verhoogde belasting wat sedert
2004 in groot dele van die Bronberg-gebied deur Kungwini gehef word,
nie geldig was nie.
Prokureurs het reeds ‘n saak namens die Six Fountains veiligheidsdorp aanhangig
gemaak, waarvolgens R438 640 aan oorbetaling van belastinggelde
geëis word. |
|