?n Groot dankbare dankie Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 24 October 2012 06:47

Braam, Sunette, Michaela en Kira du Toit van Witpoort skryf:
Op die aand van 14 September is ons huis, net oorkant Laerskool Witpoort, deur weerlig getref, en het tot op die grond afgebrand.

Daar het ongelooflik baie mense opgedaag om te kom help, selfs mense wat ons nie eers ken nie. Vir elke hand wat kom help het daardie aand en in die rukkie daarna, een ongelooflike groot dankbare dankie.

Dit het ons net weer laat besef hoe geseënd ons is en hoeveel mense regtig omgee. Dit gee ‘n mens moed om op te staan en weer te begin, want jy weet jy doen dit nie alleen nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger