Bekommerd oor veiligheid in Zwavelpoort Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 21 November 2012 07:24
Untitled Document

Bets Page van Zwavelpoort skryf:
Ek is baie bekommerd oor ons veiligheid in Zwavelpoort. Ek het verneem dat ‘n klomp mense van Zimbabwe/Mosambiek wat glo nie blyplek het nie, ‘n huis in Zwavelpoort beset. Dit is glo ‘n 10 slaapkamer huis en om alles te kroon kom daar elke dag meer aan.

Die eienaar bly glo oorsee. Weet hy van die mense? Ek twyfel, en die ergste van alles is dat hulle enige ding wat lewe eet, van jakkalse tot likkewane tot skilpaaie en honde.

Ek was so geskok, want ek soek al ‘n paar maande na my hond en my suster se hond het ook verdwyn. Kan ons polisie nie ‘n plan maak en kyk wat daar aangaan nie?

Ek is ook ‘n week terug behoorlik besteel: TVs, DVD-spelers, skootrekenaars en nog meer. Wat word van ons veiligheid?

Bets, ons het met die gemeenskap organisasies in die Zwavelpoort-omgewing gepraat en hulle is nie bewus van die bestaan van so ‘n huis nie. As jy meer inligting oor die huis kry, kan jy vir Inspekteur Ras by die Boschkopse Polisiestasie bel om te hoor wat gedoen kan word. As jy vermoed dat julle honde gesteel is, kan jy dit aanmeld by die polisie en ‘n saaknommer kry. Kyk na die berig oor gesteelde honde op bl. 13-Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger