Ontdek Bronnie heel eerste keer Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 21 November 2012 07:29
Untitled Document

Cecilia Brand van Garsfontein skryf:
Hoe is dit moontlik dat dit my 10 jaar geneem het om Die Bronberger te ontdek?

Die artikel oor Johan Rissik is geweldig interessant en insiggewend. Nou weet ek ook na wie Celliers-, Rissik-, Meintjes- en Esselenstrate vernoem is.

Baie dankie en geluk met ‘n glansryke glanstydskrif. Hoop ek kan elke toekomstige uitgawe ook raakloop.

Is daar nie ‘n moontlikheid dat ‘the final word’ afwisselend in Engels en Afrikaans kan verskyn nie?

Baie dankie vir jou gelukwensing, Cecilia. Die Bronberger het onlangs sy oplaag verhoog en lewer meer tydskrifte in ons bestaande verspreidingsgebied en beweeg ook in nuwe gebiede in. Die formaat van ons maandelikse rubrieke bly onveranderd en ‘the final word’ sal ongelukkig nie in Afrikaans ook gelewer kan word nie. Jou versoek is ironies, siende dat ons Engelssprekende lesers juis smeek vir meer Engels in die Bronnie.-Red

 

© 2020 Die/The Bronberger