Soek ?n weeklikse Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 19 December 2012 08:42
Untitled Document

Daan Nel van die Bronberg-gebied skryf:
Dankie vir briljante leesstof. Weet dit gaan enorme energie, finansies, personeel, ens. verg, maar beweeg na ‘n weeklikse uitgawe. Vra geld vir die publikasie; elke leser sal dit aankoop. Ek het geen twyfel daaroor nie, glo my.

Kan uiteraard nie gou gebeur nie; maak dit asseblief julle medium termyn doelwit.  Asseblief nie langtermyn nie. Pols julle lesers vir kommentaar.

Gaan voort met julle groot, suksesvolle, suiwer taak. Julle het reeds ‘n suksesresep.

Baie dankie, Daan, vir jou mooi woorde en die vertroue wat jy in ons stel. Die maandblad wat ons uitgee verg reeds die meeste van die goed wat jy hier bo noem. Die enigste manier hoe dit hoegenaamd moontlik gaan wees om 'n weekblad met die Bronnie se omvang uit te gee, sal wees as 'n groot organisasie betrokke raak. Dit mag dalk iewers in die toekoms gebeur, maar vir eers hou ons dit 'n onafhanklike gesinsaak met 'n egpaarspan aan die stuur van 'n gemeenskapspublikasie.-Red 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger