Sou nie kon sonder julle nie PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 19 December 2012 06:44
Untitled Document

Dirk Smith van Kungwini Welsynsorganisasie in Zwavelpoort skryf:
So kom ‘n bedrywige 2012 tot ‘n einde. Deur die jaar het Kungwini Welsynsorganisasie paaie gekruis met baie engele uit die gemeenskap. Vir party kon ons dankie sê per e-pos of oor ‘n koppie tee en dan vir ander net so in die verby-hardloop.

Graag wil ek namens die organisasie, begunstigdes en personeel vir ieder en elk in ons gemeenskap bedank vir die liefde, omgee en ondersteuning wat aan ons betoon is deur die jaar.

Sonder die staatmakers waaruit die plaaslike gemeenskap bestaan, sal ons nie die dienste kan lewer aan diegene wat dit die meeste nodig het nie.

Ons wens u en u familie ‘n geseënde Kersfees toe en ‘n nuwe jaar gevul met seëninge.
Baie dankie ook vir die ondersteuning wat ons organisasie in 2012 van Die Bronberger ontvang het.

Die tydskrif het ons ondersteun in tye toe dit moeilik gegaan het, met empatie en opregte omgee – maar amper meer belangrik, het Die Bronberger ook gedeel in ons lekker-lag en meer vreugdevolle oomblikke.

Ons het enorme waardering vir die ondersteuning. Baie, baie dankie!

 

© 2019 Die/The Bronberger